dcsimg
Image of anemone shrimps

Pacific Clown Anemone Shrimp

Periclimenes brevicarpalis (Schenkel 1902)

Vyfkol anemoongarnaal ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vyfkol anemoongarnaal (Periclimenes brevicarpalis) is 'n seedier wat leef op anemone en koraalriwwe in water wat tot 25 m diep is. Dit kom voor in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan asook aan die kus van Mosambiek en KwaZulu-Natal. Die seedier word tot 40 mm lank en word gekenmerk deur twee groot wit areas op die kop en stert. Die lyf is deursigtig met 'n aantal wit, ovaalvormige merke op. Die mannetjie is kleiner as die wyfie en is meer deursigtig.

Die stert vou uit in 'n vyfblaar waaier, elke blaar het 'n oranjekol, omring met 'n swart rant, op. Die bene en knypers is oorwegend pers. Daar is 'n wit band dwars oor die kop met die oë weerskante daarvan. Die dier leef in pare saam. Hulle is immuun teen die anamone se gif omrede hulle met slym bedek is wat die anemone afskei. Hulle dwaal ook nie ver van die gasheer af nie. Die seedier is 'n omnivoor en vreer die gasheer se oorskiet asook slym, detritus en klein ongewerweldes. Die spesie kom algemeen voor.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vyfkol anemoongarnaal: Brief Summary ( Afrikaans )