dcsimg

Soogdier ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Dolfyne in die Stille Oseaan.

Soogdiere is enige van 'n verskeidenheid warmbloedige vertebrata-diere van die klas Mammalia, insluitend mense,

Vandag is daar ongeveer 5000 spesies wat tot 26 ordes behoort.[1]

Alle huidige soogdiere is deur ses eienskappe gekenmerk.

  1. hulle het ore wat drie klein beentjies bevat
  2. die onderkaak bestaan uit net een been
  3. hulle het melkkliere en die kleintjies word met moedersmelk gevoed
  4. hulle het hare, hoewel dit nie die hele lyf hoef te bedek nie.
  5. hulle het 'n hart met vier kamers, hoewel dit by die monotremata nie heeltemal volledig is nie.
  6. hulle is warmbloedig, hoewel monotremata 'n laer temperatuur het

Die meeste word ook gekenmerk daardeur dat hul lewend deur hul moeders gebaar word, maar daar is van die soogdiere wat eiers lê.

Meeste soogdiere leef op land, alhoewel daar ook soogdiere is wat in die oseaan leef, soos die dolfyn en walvis. Die enigste vlieënde soogdier is die vlermuis. Suid-Afrika het die vinnigste landsoogdier, die jagluiperd. Suid-Afrika het ook die langste soogdier, die kameelperd en die grootste land-soogdier, die Afrika-olifant.

Die naam "soogdiere" is gegee op grond daarvan dat die moeders hul kleintjies vir ʼn wisselende tyd met melk, afkomstig van die melkkliere, voed. Die diere toon ook 'n groot mate van ouersorg, wat noodsaaklik is vir die fisieke en gedragsontwikkeling van die jong diere.

Die soogdiere (klas Mammalia) is een van die werweldierklasse (subphylum Vertebrata). Die soogdiere se voorouers was die soogdieragtige reptiele (subklas Synapsida, orde Therapsida) en die diere het tydens die Perm en die Trias (280 tot 190 miljoen jaar gelede) geleef. Die Therapsida het aan die einde van die Trias uitgesterf, maar die soogdiere het toe reeds as klein, knaagdieragtige diertjies bestaan.

Die dinosouriërs het hulle heeltemal tydens die Jura en die Kryt oorheers, hoewel groot getalle van die klein diertjies blykbaar gedurende die tyd verder ontwikkel het. Die soogdiergeskiedenis is egter nie goed bekend nie, omdat daar tot dusver min fossiele uit die tydperk gevind is. Fossiele van buideldiere (infraklas Metatheria) en plasentale soogdiere (infraklas Eutheria) is in gesteentes, afkomstig uit die Tersiêr, gevind, wat daarop dui dat die 2 soogdierlyne reeds apart bestaan het.

Die buideldiere van daardie tyd het soos die hedendaagse opossums gelyk, terwyl die plasentale diere insekte-eters was wat soos groot spitsmuise gelyk het. Die soogdiere het aan die begin van die Mioseen (26 miljoen jaar gelede) die dominante klas gewerwelde diere gevorm. Drie groepe lewende soogdiere kan onderskei word: die eierlêende soogdiere (subklas Prototheria, orde Monotremata), die buideldiere (subklas Theria, infraklas Metatheria, orde Marsupialia) en die plasentale soogdiere (subklas Theria, infraklas Eutheria)

Bou

Soogdiere kan in teenstelling met reptiele, 'n konstante liggaamstemperatuur handhaaf. Die gemiddelde liggaamstemperatuur is ongeveer 37 °C en enige skerp daling of styging het die dood van die diere tot gevolg. 'n Doeltreffende bloedsomloopstelsel is nodig om ʼn konstante liggaamstemperatuur (homotermies) te handhaaf. Die hart bestaan uit 2 gedeeltes wat heeltemal van mekaar geskei is en die dele is elk in 2 kamers verdeel.

Die linker- en regtervoorkamers word die atria genoem en die ander 2 die ventrikels. Die atria en die ventrikels word met behulp van kleppe aanmekaar verbind. Die regterventrikel pomp suurstofarme bloed na die longe, waar gaswisseling plaasvind. Suurstofryke bloed keer na die linkeratrium terug, waar dit deur die linkerventrikel weer na die res van die liggaam gepomp word om die weefsels daar van suurstof te voorsien.

Gaswisseling vind in die weefsels plaas, waardeur warmte vrygestel word. Die tempo waarin metabolisme plaasvind. is afhanklik van die omgewingstemperatuur ('n vinnige metabolisme vind in 'n koue omgewing plaas). sodat die warmtevoorsiening vir die dier optimaal bly. Die verlies van liggaamswarmte word deur 'n huidbedekking van hare beperk. Die hare verskaf ʼn doeltreffende isolasie teen die omgewing. Diere met 'n dun haar bedekking (soos walvisse en dolfyne) het 'n onderhuidse speklaag wat as isolasie dien.

Die diere raak van oortollige liggaamshitte ontslae deur meer bloed na die onderhuidse bloedvate te kanaliseer ten einde meer warmte uit te straal. Die huid is ook op plekke van sweetkliere voorsien. Die liggaam kan verder hitte verloor deur die verdamping van sweet op die oppervlak. 'n Aantal ander kliere kom ook in die vel voor, soos olie en geurkliere. Laasgenoemde skei kenmerkende reuke af wat gebruik word vir die identifisering van genera en spesies, terwyl dit ook gebruik kan word vir die afbakening van territoriums.

Die ligging van die geurkliere kan van spesie tot spesie verskil. Die onderkaak (mandibula) van soogdiere bestaan slegs uit 2 bene, die tandlysbene, wat aan die voorpunt van die ken aanmekaar geheg is. Dit artikuleer met die skedel by ʼn gewrigsvlak op die skwamosaalbeen (platbeen), terwyl die skedel met behulp van 2 oksipitale kondiele met die nekwerwels artikuleer. Die skedel bevat ook minder bene as die ander werweldiere, terwyl die wangbeen (sigomatiese boog, ʼn kombinasie van die skwamosaalbeen en jugale uitgroeisels) goed ontwikkel is.

Die breinkapasiteit is ook vergroot, wat tot die vergroting van die voorste breingedeelte gelei het. Dit het veroorsaak dat die diere kan leer om hul gedrag by veranderlike omstandighede aan te pas, en dat hul gedrag dus nie meer net tot onveranderlike, aangebore gedragspatrone (instink) beperk is nie. Soogdiere se sintuie is goed ontwikkel. Hul ore is doeltreffende gehoororgane met 'n ingewikkelde struktuur wat diep in die skedel geleë is. Karnivore en daglewende diere se oë is besonder goed ontwikkel, terwyl ander s'n swak is en by die blindemol (Spalax) heeltemal ontbreek.

Die soogdiergebit is baie gespesialiseer om by hul dieet aan te pas, en daarom het soogdiere net 2 stelle tande in hul leeftyd, naamlik die melk- en permanente stelle. Volwasse diere het hoogstens 3 snytande, 1 hoektand, 4 voormalers en 3 malers per kaakhelfte. Die meeste ordes het egter minder as 44 tande en die tandvorms kan ook na gelang van die diere se dieet baie wissel. Herbivore het goed ontwikkelde malers, karnivore het sterk hoektande en snyende voormalers, terwyl visetende diere, soos die tandwalvisse en dolfyne (orde Odontoceti), se tande almal dieselfde struktuur het.

Die baleinwalvisse (orde Mystacoceti) se kleintjies word met tande gebore, maar dit word kort daarna deur ʼn aantal horingplate (baleine) vervang, wat dan hul voedsel (plankton) uit die water sit. Die gebit kan ook by sommige ordes met gespesialiseerde diëte (byvoorbeeld insekte-eters) gedeeltelik of heeltemal ontbreek. Die bewegingsledemate van soogdiere is direk onder hul liggame geleë, terwyl reptiel liggame as 't ware tussen hul pole hang. Dit veroorsaak dat soogdiere doeltreffender as reptiele beweeg.

Die oorspronklike soogdiere het 5 vingers en 5 tone aan die uiteindes van hul ledemate gehad. Die ledemate het gedurende die soogdierevolusie baie veranderinge ondergaan en groot afwykings van die basiese plan kan tussen die verskillende ordes waargeneem word. Sommige ordes toon ʼn vermindering in die aantal vingers en tone, terwyl die aantal vingerkootjies baie by seelewende soogdiere toegeneem het ten einde die handoppervlakte te vergroot. Hoefdiere se ledemate word vir voortbeweging gebruik, terwyl ander diere se voorste ledemate ook as gryporgane gebruik word en dus groter vryheid van beweging moet hê.

Voortplanting en ouersorg

Die kleintjies van visse, amfibieë en reptiele word nie deur hul ouers versorg nadat hulle uitgebroei het nie. Die kleintjies van soogdiere en voëls word vir 'n tydperk na geboorte versorg. Die ouersorg is belangrik vir die liggaamlike en gedragsontwikkeling van die jong diere, omdat hulle aangebore gedragspatrone deur 'n leerproses aangevul moet word. Die moeder dra in baie gevalle haar ervaring aan haar kleintjies oor. Navorsing met sommige spesies het getoon dat kleintjies wat in 'n vroeë stadium van hul moeders verwyder is, afwykende sosiale en seksuele gedrag toon.

Roofdierwyfies leer hul kleintjies ook hoe om te jag en hul prooi dood te byt, maar die kleintjies wat sonder moeders grootgemaak is, vang moeilik hul prooi. Die enigste eierlêende soogdiere (oviparie) is die voëlbekdiere (orde Monotremata). Die oorblywende 2 groepe soogdiere baar hul kleintjies lewendig (viviparie). Die moederdier word inwendig bevrug en die embrionale ontwikkeling vind ook in haar plaas. Nadat die dooierlose eiersel bevrug is (nou die sigoot), word dit met die eierleiers na die baarmoeder (uterus) vervoer en in die baarmoederwand ingeplant (implantasie).

Die uitruiling van voeding- en afvalstowwe tussen die embrio en die moeder vind deur middel van die plasenta plaas. Die plasentastruktuur wissel baie tussen die verskillende ordes en is oor die algemeen afwesig by die Monotremata en buideldiere. Na geboorte word die kleintjies met melk gevoed, wat van spesiale melkkliere afkomstig is. Die melkkliere open in die tepels en die aantal sowel as die ligging daarvan wissel baie in die verskil lende ordes.

Slegs die wyfies produseer melk. Soogdierkleintjies word in verskillende stadia van ontwikkeling gebore. Buideldierkleintjies (orde Marsupialia) verkeer tydens geboorte nog in 'n embrionale toestand. Hulle ondergaan verder ontwikkeling in 'n huidplooi, die buidel, waar hulle aan 'n tepel vasgeheg is. Die kleintjies van ander ordes, soos knaagdiere en roofdiere, word in 'n onderontwikkelde toestand gebore (altrisieel). Die kleintjies van die primate, byvoorbeeld ape, moet ook vir 'n lang tyd deur die ouers versorg word. Die kleintjies van hoefdiere word volledig ontwikkel gebore (prekosiaal) en hulle kan enkele ure na geboorte reeds saam met die kudde beweeg.

Klassifikasie

Moderne soogdiere word in 2 subklasse ingedeel: die subklas Prototheria, waarin die eierlêende soogdiere die orde Monotremata vorm, en die subklas Theria. Twee infraklasse word in die subklas Theria onderskei. Die infraklas Metatheria bevat die buideldiere (orde Marsupialia), terwyl die plasentale soogdiere tot die infraklas Eutheria behoort. In die infraklas word 16 ordes aangetref.

Geskiedenis

Die soogdiere het 'n lang geskiedenis. Hulle stam van die Cynodonta, wat tot die Therapsides behoort, 'n groep wat reeds voor die dinosourusse bestaan het. Tydens die mesosoïkum het daar baie groepe soogdiere bestaan, die meeste van hulle was nie groter as 'n muis nie en heelparty van hierdie vorme het aan die Kryt-Paleogeen-grens uitgesterf. Van die mesosoïese groepe soos die Multituberculata, Gondwanatheria en Dryolestida het hierdie uitwissing wel oorleef, maar het later uitgesterf.

'n Vereenvoudigde stamboom sien so uit:[2][3]

Cynodontia Mammaliaformes Mammalia
Allotheria

Multituberculata



Gondwanatheria



Cladotheria Theria
Eutheria

Placentalia


Metatheria

Marsupialia





Dryolestoidea




Australosphenida

Ausktribophenida†



Monotremata




Docodonta


Haramiyida



Tritylodontida



Daar is drie groepe wat KT-uitwissing oorleef het en vandag steeds bestaan:

  1. die Monotremata -wat eiers lê-,
  2. die Marsupialia -wat die kleintjies in 'n buidel dra-
  3. die grootste groep: die Placentalia, wat beter ontwikkelde kleintjies kry omrde hul 'n nuwe orgaan het: die plasenta.

Deur genetiese navorsing het dit duidelik geword dat die Placentalia in vier groepe verdeel kan word en in watter tydperk hulle ongeveer ontstaan het: die laat Kryt. Saam met die Monotremata en die Marsupialia is daar dus ses groepe huidige soogdiere. [4]

Mammalia_223
Theria_164 Placentalia_93 Atlantogenata_90

Xenarthra_67



Afrotheria_73



Boreoeutheria_85

Euarchontoglires_77



Laurasiatheria_78





Marsupialia_78





Monotremata



Monotremata

Platypus.jpg Echidna - melbourne zoo.jpg

Die oudste groep wat reeds in die Trias, ongeveer 223 mj geleë ontstaan het, is die Monotremata. Hulle is die eendbekdier en die mierystervarke. Hierdie soogdiere is die enigste wat steeds eiers lê en 'n laer liggaamstemperatuur het. Hulle is ook die enigste nie-Theria wat steeds bestaan. Hulle produseer melk en soog die kleintjies as sy uit die eier gekruip het, maar die moeder het geen tepels nie.

Vandag word hulle steeds net in Australië en op Nieu-Guinea aangetref. Daar is egter 'n fossiel van hulle uit die paleoseen van Argentinië gevind. [5]

Marsupialia

 src=
Verwantskap tussen die 7 ordes buideldiere
Vombatus ursinus -Maria Island National Park Edit 2.jpg Opossum 1.jpg Sa-sleeping-koala.JPG
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: buideldier.

Ongeveer 164 mj geleë het die Theria verdeel in die Metatheria en die Eutheria. Nasate van die Metatheria, die Marsupialia of buideldiere word vandag -soos die kangaroe of die Tasmaniese duiwel- steeds in Australië en in Suid-Amerika aangetref. Noord-Amerika het ook een buideldier: die opossum. Hulle kry lewende jonge, maar die kleintjies is baie onderontwikkeld en bly in mama se buidel tot hulle groter geword het. Hulle suig vas aan 'n tepel.

Daar is sewe ordes, waarvan 3 in Suid-Amerika and die ander 4 in Australië

Placentalia

Placentalia_93 Atlantogenata_90

Xenarthra_67



Afrotheria_73



Boreoeutheria_85

Euorchontoglires_77



Laurasiatheria_78




By die Eutheria, wat ongeveer 164 mj geleë verskyn, het 'n belangrike ontwikkeling plaasgevind. 'n Nuwe orgaan, die plasenta, het die verbinding tussen die moeder en die jong moontlik gemaak. Daardeur kan die kleintjie langer in die baarmoeder van sy moeder bly. Soogdiere wat se voortplanting 'n plasenta gebruik word die Placentalia genoem. Hulle is die grootste groep huidige soogdiere. Behalwe op Australië en Antarktika kom hulle op alle kontinente en in alle oseane voor.

In die Kryt-tydperk het die kontinente verder verbrokkel en daardeur het verskeie groepe Placentalia gevorm. Dit is moeilik om die presiese volgorde hiervan te bepaal, maar die nuuste werk van Tarver et al. (2015) sê dat eers (ongeveer 93 mj geleë) 'n noordelike groep, die Boreoeutheria, afgestig is van Gondwana s'n, die Atlantogenata. Daarná is die Atlantogenata omstreeks 90 mj verdeel in 'n Suid-Amerikaanse groep die Xenarthra en 'n Afrikaanse groep die Afrotheria. Die noordelike Boreoeutheria het later (ca. 87 mj) ook vertak in die Euarchontoglires en die Laurasiatheria.

Atlantogenata

Atlantogenata_90

Xenarthra_67



Afrotheria_73



Die Atlantogenata het op die suidelike kontinent Gondwana ontstaan, wat ná 'n paar miljoen jaar in Suid-Amerika (met die Xenarthra) en Afrika (met die Afrotheria) verder verbrokkel is.

Xenarthra

MC Drei-Finger-Faultier.jpg Gr. Ameisenbär auf Futtersuche.JPG Chaetophractus vellerosus3.jpg
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Xenarthra.

Van hierdie Suid-Amerikaanse tak het net twee ordes oorgebly:

  1. Pilosa - die miervreters en die luiaards
  2. Cingulata - die gordeldiere

Hulle kom in Suid-Amerika voor, hoewel die armadillo ook in die Verenigde State aangetref kan word.

Aan die einde van die laaste Ystyd het baie megavorme verdwyn. Megalocnus het dalk 5000 jaar geleë nog op Kuba kan oorleef. Daar word gedink dat die mens hierdie vorme uitgewis het.[6]

Afrotheria

Afrotheria Paenungulata

Sirenia




Hyracoidea



Proboscidea




Afroinsectiphilia

Tubulidentata




Macroscelidea


Afrosoricidea

Chrysochloridae



Tenrecoidae






Dugong at the Sydney Aquarium (3506496824).jpg Rock Hyrax (Procavia capensis) (6437293107).jpg Aardvarks.jpg Eastern Rock Elephant Shrew.jpg NHM Chrysospalax trevelyani (cropped).JPG
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrotheria.

Die Afrikaanse kontinent was lank 'n eilandkontinent en hierdie Afrikaanse tak van die Atlantogenata se nasate het daar ses ordes gevorm:

  1. Sirenia (lamantyne) -- lamantyne en doegongs
  2. Hyracoidea (dassies) -- die dassies
  3. Proboscidea (slurpeters) -- die olifante
  4. Tubilidentata (buistandige) -- die erdvark
  5. Macroscelidae (klaasneuse) -- die klaasneuse
  6. Afrosoricidea (tenreks, gouemolle)

Die meeste Afrotheria word ook vandag in Afrika aangetref, maar die slurpeters en die lamantyne het hulle voorkomsgebied oor die res van die wêreld uitgebrei. Baie van hulle -soos die mammoet- het later egter weer uitgesterf. Daar is lank gedink dat die Afrosoricida en die Eulipotyhpla (sien onder) tot een orde behoort, die Insectivora, maar genetiese inligtings het getoon dat dit glad nie waar is nie. Gouemolle en molle het amper dieselfde lewenswyse en sien amper dieselfde uit, maar die een behoort tot die suidelike Atlantogenata, die ander tot die noordelike Boreoeutheria.

Boreoeutheria

Boreoeutheria_85

Euarchontoglires_77



Laurasiatheria_78



Die Placentalia op die noordelike kontinente, die Boreoeutheria het omstreeks 85 mj geleë in twee groepe vertak. Vandag kan hulle nasate op alle kontinente behalwe Antarktika en ook in alle oseane aangetref word.

Laurasiatheria

Yezhik.jpg Steinbock 2006 08 2.jpg Hartmanns Mountain Zebra 010.jpg Square-townsend-fledermaus.jpg Badger Cornwall 3.jpg Scaly ant eater by by Dushy Ranetunge 1.jpg
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Laurasiatheria.
  1. Eulipotyphla -- molle, krimpvarkies, skeerbekmuise
  2. Cetartiodactyla -- kamele, seekoeie, walvisse, beeste, bokke, skape
  3. Perissodactyla -- perde, esels, sebra's, renosters, tapirs
  4. Chiroptera -- vlermuise is die enigste Placentalia wat kan vlieg en ook in Australië en Nieu-Seeland aangetref kan word.
  5. Carnivora -- katte, honde, bere, seehonde,
  6. Pholidota -- ietermagog

Daar is lank gedink dat die walvisse en dolfyne 'n eie orde Cetacea vorm en die seehonde 'n orde Pinnipeda, maar genetiese navorsing het bewys dat die walvisse taamlik naverwant aan die seekoeie is en binne dieselfde orde Cetartiodactyla behoort, saam met kamele, wildsbokke en skape. Die seehonde behoort ook in een orde saam met die leeus, die wolwe en so meer.

Die Eulipotyphla is lank saam met die Afrosoricida in een orde Insectivora geplaas, maar die genetika het bewys dat dit op gesigsbedrog berus.

In Suid-Amerika het lank 'n hoefdierorde Meridiungulata bestaan, wat in die laaste Ystyd uitgesterf het. Genetiese navorsing op fossiele reste dui aan dat ook hierdie groep tot die Laurasiatheria behoort en dalk aan die perde en renosters verwant was.[7]

Euarchontoglires

Hystrix africaeaustralis Blijdorp Rotterdam.JPG Polarhase 1 1997-08-04.jpg Stavenn Tupaia glis 00.jpg Kaguaani 02.jpg Gibraltar Barbary Macaque.jpg
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Euarchontoglires.
  1. Rodentia -- knaagdiere: muise, rotte, ystervark
  2. Lagomorpha -- hase, konyne, pika's
  3. Scandentia -- boomspitsmuise
  4. Dermoptera -- kolugo's
  5. Primates -- nagapies, ape, mense

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Soogdier: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Dolfyne in die Stille Oseaan.

Soogdiere is enige van 'n verskeidenheid warmbloedige vertebrata-diere van die klas Mammalia, insluitend mense,

Vandag is daar ongeveer 5000 spesies wat tot 26 ordes behoort.

Alle huidige soogdiere is deur ses eienskappe gekenmerk.

hulle het ore wat drie klein beentjies bevat die onderkaak bestaan uit net een been hulle het melkkliere en die kleintjies word met moedersmelk gevoed hulle het hare, hoewel dit nie die hele lyf hoef te bedek nie. hulle het 'n hart met vier kamers, hoewel dit by die monotremata nie heeltemal volledig is nie. hulle is warmbloedig, hoewel monotremata 'n laer temperatuur het

Die meeste word ook gekenmerk daardeur dat hul lewend deur hul moeders gebaar word, maar daar is van die soogdiere wat eiers lê.

Meeste soogdiere leef op land, alhoewel daar ook soogdiere is wat in die oseaan leef, soos die dolfyn en walvis. Die enigste vlieënde soogdier is die vlermuis. Suid-Afrika het die vinnigste landsoogdier, die jagluiperd. Suid-Afrika het ook die langste soogdier, die kameelperd en die grootste land-soogdier, die Afrika-olifant.

Die naam "soogdiere" is gegee op grond daarvan dat die moeders hul kleintjies vir ʼn wisselende tyd met melk, afkomstig van die melkkliere, voed. Die diere toon ook 'n groot mate van ouersorg, wat noodsaaklik is vir die fisieke en gedragsontwikkeling van die jong diere.

Die soogdiere (klas Mammalia) is een van die werweldierklasse (subphylum Vertebrata). Die soogdiere se voorouers was die soogdieragtige reptiele (subklas Synapsida, orde Therapsida) en die diere het tydens die Perm en die Trias (280 tot 190 miljoen jaar gelede) geleef. Die Therapsida het aan die einde van die Trias uitgesterf, maar die soogdiere het toe reeds as klein, knaagdieragtige diertjies bestaan.

Die dinosouriërs het hulle heeltemal tydens die Jura en die Kryt oorheers, hoewel groot getalle van die klein diertjies blykbaar gedurende die tyd verder ontwikkel het. Die soogdiergeskiedenis is egter nie goed bekend nie, omdat daar tot dusver min fossiele uit die tydperk gevind is. Fossiele van buideldiere (infraklas Metatheria) en plasentale soogdiere (infraklas Eutheria) is in gesteentes, afkomstig uit die Tersiêr, gevind, wat daarop dui dat die 2 soogdierlyne reeds apart bestaan het.

Die buideldiere van daardie tyd het soos die hedendaagse opossums gelyk, terwyl die plasentale diere insekte-eters was wat soos groot spitsmuise gelyk het. Die soogdiere het aan die begin van die Mioseen (26 miljoen jaar gelede) die dominante klas gewerwelde diere gevorm. Drie groepe lewende soogdiere kan onderskei word: die eierlêende soogdiere (subklas Prototheria, orde Monotremata), die buideldiere (subklas Theria, infraklas Metatheria, orde Marsupialia) en die plasentale soogdiere (subklas Theria, infraklas Eutheria)

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF