dcsimg

Fynstreepplatwurm ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Fynstreepplatwurm (Pseudoceros monostichos) is 'n seeplatwurm wat leef op en aan die kante van rots- en koraalriwwe in water wat tot 25 m diep is. Die seedier kom voor in die Indiese-Stille Oseaan gebied, asook in Mosambiek suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal.

Die seedier se lyf vernou effens na agter en die lyf is roomkleurig. Daar is 'n kenmerkende mediaanlyn in die middel van die lyf wat omring word deur 'n dun, wit lyn wat weer omring word deur 'n nou, ligbruin streep. Die kant van die lyf is pers; waar die mediaanlyn eindig op die voor- en agterkant van die lyf vloei die kleure in mekaar in wat dit 'n waasagtige voorkoms gee. Hierdie spesie is raar.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Fynstreepplatwurm: Brief Summary ( Afrikaans )