dcsimg

Muskietvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Muskietvis (Gambusia affinis) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in riviere om die Golf van Meksiko. Die vis is na Suid-Afrika gebring as natuurlike plaagbeheer in 'n poging om muskiete te beheer in 1936; ook as voedsel vir baars. In Engels staan die vis bekend as die Mosquitofish.

Voorkoms

Die vis het 'n platterige kop met 'n mond wat opwaarts wys en die stertvin is bolrond. Die mannetjie (35 mm) is kleiner en slanker as die wyfie (60 mm). By die mannetjie is die anale vin verder vorentoe terwyl die wyfie se lyf dieper, ronder en die anale vin korter is. Beide geslagte is deurskynend lig bruin, partykeer is daar 'n klein swart kolle op die lyf en het 'n glinsterende blou skynsel. Die kieue deksel is silwer goud en die onderkant van die vis is silwer. Die vinne is kleurloos en het soms dowwe kolle op.

Habitat

Die vis leef in stilstaande water wat bedek is met plante. Dit kan water temperatuur veranderinge van 4 - 38 °C weerstaan en kan ook leef in vars sowel as soutwater. Hulle vreet klein lewende organismes soos muskiet en vis larwes. Die eiers word binne die wyfie bevrug en die spesie is ovivivipaar.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Muskietvis: Brief Summary ( Afrikaans )