Die Gladde perdvis (Congiopodus torvus) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf Walvisbaai tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth horsefish.
Die vis is bruingeel van kleur terwyl die onvolwassenes ligter van kleur is en die vis word 76 cm lank. Die dorsale vin is lank, feitlik van die voorkop tot by die stertvin en het 20 - 21 stekels. Die pektorale en bekken vinne is langer as die kop. Die volwasse vis het nie skubbe nie.
Die vis kom voor in rots riwwe en sagte bodems in water wat van 10 – 146 m diep is. Die vis is eetbaar maar word selde geëet.
Die Gladde perdvis (Congiopodus torvus) is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf Walvisbaai tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth horsefish.