dcsimg

Oranjevlerk-ghieliemientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Oranjevlerk-ghieliemientjie (Barbus eutaenia) is 'n varswater vis wat wyd verspreid voorkom. In Suider-Afrika kom hulle voor in die Kunenerivier, Okavangorivier en die Zambezirivier en verder suid aan die ooskus tot by die Pongolarivier. Die vis kom ook voor in die Cuanzarivier in Angola en die Tanganjikameer. In Engels staan die vis bekend as die Orangefin barb.

Voorkoms

Die vis het 'n groot bek met twee pare baarde om die mond en daar is 'n laag donker skubbe om die basis van die dorsalevin. Die vis is olyfkleurig aan die bokant, silwer witterig aan die onderkant met geel of oranje vinne. Daar is 'n breë horisontale band op die lyf van die vis vanaf die snoet tot by die stertvin. Daar is skadu bande aan weerskante van die breë band. Die vis word tot 140 mm groot.

Habitat

Die vis leef in helder-vloeiende water, gewoonlik in rotsagtige gebiede in hoofstrome. Hulle vreet insekte. Dit is 'n gewilde akwarium spesie.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Oranjevlerk-ghieliemientjie: Brief Summary ( Afrikaans )