dcsimg

Reusekelp ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Reusekelp (Macrocystis pyrifera (L.) C. Agardh.) is 'n spesie van bruin alge wat tot 6o meter lank kan word. Dit kan onder water woude vorm, wat 'n tuiste van baie organismes is. Kelp is ook eetbaar en word veral in die Asiatiese kombuis baie aangewend.

Hulle word teenswoordig (2018) in die orde Laminariales van die klas Phaeophyceae in die filum Ochrophyta van die superfilum Heterokonta geplaas. Dit beteken dat hulle eintlik nouer aan byvoorbeeld die malariaparasietverwant is as aan die plante, hoewel hulle dikwels wel as 'n soort plante beskou word.

Die genus Macrocystis bevat net een spesies Macrocystis pyrifera wat wêreldwyd voorkom. Ander verwante genera is Pelagophycus, Nereocystis en Postelsia. wat ook net een spesie bevat en endemies is aan die noordoostelike Stille Oseaan. Die enigste soort wat geen woude vorm nie is Postelsia.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF