dcsimg
Image of Actinoscyphiidae Stephenson 1920

Anemones And Corals

Anthozoa Ehrenberg 1834

Blomdier ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Blomdiere of blompoliepe is ’n klas (Anthozoa) van die neteldiere.

Leefwyse

Die diere leef gedurende hul volwasse lewe as poliepe op die seebodem. Hul deursnee wissel van minder as ’n millimeter tot 10 meter. Die naam kom van die dikwels gekleurde vangarms waarmee hulle hul prooi soos plankton uit die water filtreer of klein visse gryp wat deur die netelselle verdoof word. Hulle gebruik dit ook om hulle teen hul vyande soos slakke, wurms, spinnekoppe en seesterre te verdedig. Hulle kan geslagtelik of ongeslagtelik voortplant.

Baie blomdiere leef in simbiose met eensellige alge, wat zooxanthellae genoem word. Die alge voorsien die diere van voedingstowwe wat hulle nie self kan vervaardig nie. Ook die kleure van baie seeanemone en korale kom van die alge, wat lewe van die afvalstowwe wat die blomdiere nie meer nodig het nie.

Taksonomie

Die blomdiere word in twee groot subklasse onderverdeel: die Octocorallia (poliepe met agt tentakels) en Hexacorallia (poliepe met ses tentakels of ’n meervoud van ses). In elke subklas is verskeie ordes. Die sagte korale is byvoorbeeld ’n orde uit die eerste subklas, en die seeanemone en steenkorale ordes uit die tweede subklas.

  • Subklas Octocorallia (agt tentakels) - voorheen Alcyonaria
    • Alcyonacea (sagte korale)
    • Helioporacea
    • Gorgonacea (horingkorale)
    • Pennatulacea (seevere)
    • Stolonifera
    • Telestacea
  • Subklas Hexacorallia (ses tentakels of ’n veelvoud daarvan) - voorheen Zoantharia
    • Actiniaria (seeanemone)
    • Antipatharia (swart en doringkoraal)
    • Ceriantharia
    • Corallimorpharia
    • Scleractinia (rifkorale)
    • Zoantharia (Korsanemone)

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Blomdier: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Blomdiere of blompoliepe is ’n klas (Anthozoa) van die neteldiere.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF