dcsimg

Chelicerata ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Spinnekop

Chelicerata is 'n subfilum van die geleedpotiges (Arthropoda). Die subfilum bestaan uit slegs twee biologiese klasse, naamlik Arachnida en Merostomata.

Arachnida (spinnekopagtiges) is 'n groot en suksesvolle grondlewende groep, wat die spinnekoppe, skerpioene en hul verwantes insluit.

Merostomata sluit die hoefysterkrap (Xiphosura) en die uitgestorwe see-skerpioene (Eurypterida) in. Die hoefysterkrap is 'n klein, ou groep wat vir miljoene jare relatief onveranderd oorleef het. Groepe soos hierdie word dikwels lewende fossiele genoem.

Die seespinnekoppe (Pycnogonida) kan moontlik aan die Chelicerata-subfilum behoort. Daar is genetiese bewyse wat dui dat hulle 'n ou sustergroep van al die ander lewende geleedpotiges kan wees.[1] Daar is ongeveer 1 300 seespinnekop-spesies.

Chelicerata het as seediere ontstaan. Die eerste bevestigde fossiele dateer 445 miljoen jaar terug tot die laat Ordovisium-tydperk. Hoewel net vier mariene spesies oorleef het, almal van hulle hoefysterkrappe, is daar meer as 77 000 spesies wat lug inasem, en daar kan soveel as 500 000 onbekende spesies wees.[2][3]

Chelicerata is grootliks karnivories. Sommiges is egter heterotrofies, en leef van materiale wat deur ander organismes vervaardig word.

Verwysings

  1. Regier J.C. et al (25 Februarie 2010). “Arthropod relationships revealed by phylogenomic analysis of nuclear protein-coding sequences”. Nature 463 (7284): 1079–1083. doi:10.1038/nature08742.
  2. Margulis, Lynn and Schwartz, Karlene 1998. Five Kingdoms, an illustrated guide to the phyla of life on Earth. 3rd ed, Freeman. ISBN 0-7167-3027-8
  3. Ruppert E.E. Fox R.S. and Barnes R.D. 2004. Invertebrate Zoology 7th ed, Brooks/Cole.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Chelicerata: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Spinnekop

Chelicerata is 'n subfilum van die geleedpotiges (Arthropoda). Die subfilum bestaan uit slegs twee biologiese klasse, naamlik Arachnida en Merostomata.

Arachnida (spinnekopagtiges) is 'n groot en suksesvolle grondlewende groep, wat die spinnekoppe, skerpioene en hul verwantes insluit.

Merostomata sluit die hoefysterkrap (Xiphosura) en die uitgestorwe see-skerpioene (Eurypterida) in. Die hoefysterkrap is 'n klein, ou groep wat vir miljoene jare relatief onveranderd oorleef het. Groepe soos hierdie word dikwels lewende fossiele genoem.

Die seespinnekoppe (Pycnogonida) kan moontlik aan die Chelicerata-subfilum behoort. Daar is genetiese bewyse wat dui dat hulle 'n ou sustergroep van al die ander lewende geleedpotiges kan wees. Daar is ongeveer 1 300 seespinnekop-spesies.

Chelicerata het as seediere ontstaan. Die eerste bevestigde fossiele dateer 445 miljoen jaar terug tot die laat Ordovisium-tydperk. Hoewel net vier mariene spesies oorleef het, almal van hulle hoefysterkrappe, is daar meer as 77 000 spesies wat lug inasem, en daar kan soveel as 500 000 onbekende spesies wees.