dcsimg

Bruinchromis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bruinchromis (Chromis lepidolepis) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Brown chromis.

Identifikasie

Die vis word tot 8 cm lank. Die lyf is slank en grysbruin. Die dorsalevin se punte is wit en swart. Daar is ook 'n kort, swart vertikale streep oor die . Die boonste en onderste rant van die stertvin is donkerder. Die vis leef in rotskusareas en aflandige riwwe in water wat 2 tot 25 m diep is. Hulle swem graag rond by bokant of hellings van die riwwe. Hulle is gewoonlik alleenlopers of kom in klein groepies voor. Die visse vreet soöplankton.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bruinchromis: Brief Summary ( Afrikaans )