dcsimg

Muiskleurvlieëvanger ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die muiskleurvlieëvanger is 'n mediumgrootte (lengte 17–20 cm) vlieëvanger sonder kenmerkende kleure. Dis nie maklik uitkenbaar behalwe vir tipiese vlieëvanger-bou en -houding.

Identifikasie

Muisgrys-bodele en ligter (grouwit) onderdele met swarterige bene en donkerbruin . Onderskeibaar van Maricovlieëvanger deur die afwesigheid van kontras tussen bo- en onderdele.

Habitat

Meestal breëblaarbosveld en -savanne, maar kom minder gereeld voor in die doringboomsavanne waar die Maricovlieëvanger aanwesig is.

Verspreiding

In suidelike Afrika beperk tot noordoostelike dele van Namibië (Caprivi), eSwatini, Botswana, Zimbabwe, ooste van Suid-Afrika en suide van Mosambiek tot teen die kus.

Roep

Deurmekaar trip triekie trip triekie klanke gevolg deur 'n sagter tjurr-geluid.

Ander name

  • Engels: Pallid Flycatcher of Pale Flycatcher
  • Duits: Fahlschnäpper
  • Nederlands: Vale Vliegenvanger
  • Frans: Gobemouche pâle
  • Duits: Fahlschnäpper
  • Portugues: Papa-moscas-pálido
  • Wetenskaplike naam: Melaenornis pallidus of Bradornis pallidus

Sien ook

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Muiskleurvlieëvanger: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die muiskleurvlieëvanger is 'n mediumgrootte (lengte 17–20 cm) vlieëvanger sonder kenmerkende kleure. Dis nie maklik uitkenbaar behalwe vir tipiese vlieëvanger-bou en -houding.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF