Die Rooiels (Cunonia capensis), (Engels: Butterspoon tree, Butterknife tree, of Red alder) is 'n kleinerige boom wat in die bergwoude en langs riviere en strome van Suider-Afrika groei.
Dit word ook as ornamentele boom vir tuinversiering gekweek weens sy aantreklike, blink blare en trosse klein, geurige, wit blomme.
Cunonia capensis vorm 'n pragtige, lae boom wat veral mooi vertoon in Suider-Afrikaanse tuine. Dit beskik oor blink, rooi-getinte blare, en produseer sproeie digte, geurige, wit tot roomkleur blomme van Februarie tot Mei. Die blomme is dubbelslagtig en skoenlappers en heuningbye besoek dit gereeld. Die fyn saadjies verskyn in klein twee-horing kapsules en word versprei deur voëls en die wind.
Die groot steunblare wat die groeipunt toevou, is saamgepers om 'n lepelagtige vorm aan te neem, wat aan die boom sy naam Butterspoon Tree in Engels gee.
Hierdie immergroen tuinboom groei nie goed in droë toestande nie, maar verkies 'n vogtige, gematigde klimaat en benodig heelwat water gedurende sy eerste jare van groei. Dit weerstaan matige ryp en groei baie vinnig - mits dit voldoende water kry. In die oop son bereik die boom gewoonlik 'n hoogte van vyf meter, terwyl dit in bedekte woude tot 10 meter hoog kan word.
Die rooiels groei natuurlik vanaf Kaapstad en die Wes-Kaap in Suid-Afrika, ooswaarts tot in eSwatini en die suide van Mosambiek. Dit kom tipies algemeen voor in die inheemse Afrika-bergwoude van Suider-Afrika, veral langs riviere. Plekke met hoë reënval of volgehoue vogtigheid word grootliks verkies.
Cunonia capensis word in 'n groeiende mate dwarsoor Suider-Afrika verbou as 'n ornamentele of versieringsboom in die tuin.
Dit aard goed in volson en skaduwee-areas en kan langs geboue geplant word a.g.v. sy ligte, nie-oordadige wortelstelsel. Die plant raak sedert onlangs baie gewild in beboude gebiede.
Dit benodig 'n vogtige omgewing, bome wat in droë landskap geplant word, moet gereeld natgelei word. Dit maak die boom ook ideaal vir moeras-agtige, waterdeurdrenkte tuine, of langs riviere en waterstrome. Die boom word gewoonlik uit sy klein saadjies gekweek. Jong plante benodig heelwat water en 'n mate van beskutting teen direkte sonlig.
Dit is een van die vinniggroeiendste bome in Suider-Afrika.[1]
Die Rooiels (Cunonia capensis), (Engels: Butterspoon tree, Butterknife tree, of Red alder) is 'n kleinerige boom wat in die bergwoude en langs riviere en strome van Suider-Afrika groei.
Dit word ook as ornamentele boom vir tuinversiering gekweek weens sy aantreklike, blink blare en trosse klein, geurige, wit blomme.
Cunonia is a genus of shrubs and trees in the family Cunoniaceae. The genus has a disjunct distribution, with 24 species endemic to New Caledonia in the Pacific, and one species (Cunonia capensis) in Southern Africa. Leaves are opposite, simple or pinnate with a margin entire to serrate. Interpetiolar stipules are often conspicuous and generally enclose buds to form a spoon-like shape (hence the common name "butterspoon tree" for Cunonia capensis). Flowers are bisexual, white, red (pink to purple), or green, arranged in racemes. The fruit is a capsule opening first around the base then vertically, seeds are winged.[1][2]
Southern Africa
New Caledonia[2]
Cunonia is a genus of shrubs and trees in the family Cunoniaceae. The genus has a disjunct distribution, with 24 species endemic to New Caledonia in the Pacific, and one species (Cunonia capensis) in Southern Africa. Leaves are opposite, simple or pinnate with a margin entire to serrate. Interpetiolar stipules are often conspicuous and generally enclose buds to form a spoon-like shape (hence the common name "butterspoon tree" for Cunonia capensis). Flowers are bisexual, white, red (pink to purple), or green, arranged in racemes. The fruit is a capsule opening first around the base then vertically, seeds are winged.
Cunonia es un género con 31 especies de plantas con flores perteneciente a la familia Cunoniaceae, son árboles nativos de Sudáfrica y Nueva Caledonia. El género comprende 31 especies descritas y de estas, solo 24 aceptadas.[1]
El género fue descrito por Carlos Linneo y publicado en Systema Naturae, Editio Decima 2: 1013, 1025, 1368. 1759.[2] La especie tipo es: Cunonia capensis L.
Cunonia es un género con 31 especies de plantas con flores perteneciente a la familia Cunoniaceae, son árboles nativos de Sudáfrica y Nueva Caledonia. El género comprende 31 especies descritas y de estas, solo 24 aceptadas.
Cunonia est un genre de d'arbres et d'arbustes de la famille des Cunoniaceae. Il a une distribution disjointe (en), avec 24 espèces endémiques de Nouvelle-Calédonie et une d'Afrique du Sud (Cunonia capensis).
Cunonia est un genre de d'arbres et d'arbustes de la famille des Cunoniaceae. Il a une distribution disjointe (en), avec 24 espèces endémiques de Nouvelle-Calédonie et une d'Afrique du Sud (Cunonia capensis).
Cunonia L., 1759 è un genere di alberi della famiglia Cunoniaceae.[1]
Il genere Cunonia comprende le seguenti specie:[1]
Il genere ha una distribuzione disgiunta: la quasi totalità delle specie è endemica della Nuova Caledonia, tranne una (Cunonia capensis) che è endemica dell'Africa australe.[2][3]
Cunonia L., 1759 è un genere di alberi della famiglia Cunoniaceae.
Cunonia é um género botânico pertencente à família Cunoniaceae[1].
Cunonia é um género botânico pertencente à família Cunoniaceae.
«Cunonia — World Flora Online». www.worldfloraonline.org. Consultado em 19 de agosto de 2020