dcsimg

Krulsuring ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die krulsuring (Rumex crispus, Engels: curly dock of yellow dock), is 'n meerjarige blomplant in die familie Polygonaceae, inheems aan Europa en Wes-Asië.[1]

Die plant produseer 'n bloeiwyse of blomstingel wat tot sowat een meter hoog groei. Dit het gladde blare wat uitloop uit 'n groot basale roset, met kenmerkende waai- of krulkante. Op die steel word blomme en sade geproduseer in groepe op vertakte stamme, met die grootste groep aan die bopunt. Die sade is blink, bruin en omhul in die kelk van die blom wat hulle produseer. Die omhulsel stel die sade in staat om op water te kan dryf en word ook vasgevang in wol en dierpelse; dit help die sade om te versprei na nuwe plekke. Die wortelstruktuur is 'n groot, geel, gevurkte penwortel.

Rumex crispus het 'n aantal subspesies met kenmerkende habitatvoorkeure. R. crispus ssp. crispus word op afval en bewerkte grond aangetref. R. crispus ssp. littoreus het 'n kusverspreiding en R. crispus ssp. uliginosus word in die modder van riviermondings aangetref.[2] Die spesie verbaster maklik met ander Rumex-spesies, insluitend R. obtusifolius, R. obovatus, R. palustris en R. maritimus.[2]

Verwysings

  1. Flora of North America Editorial Committee, reds. (2005). "Rumex crispus". Flora of North America: Magnoliophyta: Caryophyllidae, pt. 2. Oxford University Press. p. 522. ISBN 978-0-19-522211-1.AS1-onderhoud: gebruik editors-parameter (link)
  2. 2,0 2,1 Stace, C.A. (2010). New flora of the British isles (Third ed. uitg.). Cambridge, U.K.: Cambridge University Press. p. 450. ISBN 978-0-521-70772-5.AS1-onderhoud: Ekstra teks (link)
Kruie Speserye
AnysBorrieBrandrissie (Cayennepeper) • Dille & dillesaadFenegriekGaram masalaGemmerJenewerbessieKaneelKanferKardamomKarwysaadKerrieKnoffelKomynKoljandersaadMosterdNaeltjiesNeutmuskaatPapawersaadPaprikaPeperwortelPomegranaatSaffraanSassafrasSelderysaadSesamSitrusskilSoethoutSteranysSwartpeperTamarindeVanieljeVinkelWasabiWildeknoffel † • WitpeperWonderpeper
  • † = volledigheidshalwe ingesluit by die lys.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Krulsuring: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die krulsuring (Rumex crispus, Engels: curly dock of yellow dock), is 'n meerjarige blomplant in die familie Polygonaceae, inheems aan Europa en Wes-Asië.

Die plant produseer 'n bloeiwyse of blomstingel wat tot sowat een meter hoog groei. Dit het gladde blare wat uitloop uit 'n groot basale roset, met kenmerkende waai- of krulkante. Op die steel word blomme en sade geproduseer in groepe op vertakte stamme, met die grootste groep aan die bopunt. Die sade is blink, bruin en omhul in die kelk van die blom wat hulle produseer. Die omhulsel stel die sade in staat om op water te kan dryf en word ook vasgevang in wol en dierpelse; dit help die sade om te versprei na nuwe plekke. Die wortelstruktuur is 'n groot, geel, gevurkte penwortel.

Rumex crispus het 'n aantal subspesies met kenmerkende habitatvoorkeure. R. crispus ssp. crispus word op afval en bewerkte grond aangetref. R. crispus ssp. littoreus het 'n kusverspreiding en R. crispus ssp. uliginosus word in die modder van riviermondings aangetref. Die spesie verbaster maklik met ander Rumex-spesies, insluitend R. obtusifolius, R. obovatus, R. palustris en R. maritimus.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF