dcsimg

Eendvoëls ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Anatidae of eendvoëls is die biologiese familie wat die eende en meeste eendagtige waterhoenders soos ganse en swane insluit. Die ekstergans (Engels: magpie-goose) word nie meer beskou as deel van die Anatidae en word in sy eie familie, Anserannatidae geplaas. Die familie bestaan uit voëls wat aangepas is vir swem, op die oppervlak van water dryf, en in sommige gevalle om ten minste in vlak water te duik. Hulle het gewebde pote en snawels wat tot 'n mindere of meerdere mate plat geword het. Hulle vere skud water uitstekend af as gevolg van spesiale olies. Eend-, see-eend- en gansvere en dons is reeds lank gewild vir donskomberse, kussings, slaapsakke en jasse. Die lede van die familie word ook reeds lank vir voedsel gebruik. Terwyl die status van die Anatidae as 'n familie voor die hand liggend is, en daar min debat is oor watter spesies behoorlik daaraan behoort, word die verwantskap tussen die verskillende subfamilies daarbinne swak verstaan.


Sien ook

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Eendvoëls: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Anatidae of eendvoëls is die biologiese familie wat die eende en meeste eendagtige waterhoenders soos ganse en swane insluit. Die ekstergans (Engels: magpie-goose) word nie meer beskou as deel van die Anatidae en word in sy eie familie, Anserannatidae geplaas. Die familie bestaan uit voëls wat aangepas is vir swem, op die oppervlak van water dryf, en in sommige gevalle om ten minste in vlak water te duik. Hulle het gewebde pote en snawels wat tot 'n mindere of meerdere mate plat geword het. Hulle vere skud water uitstekend af as gevolg van spesiale olies. Eend-, see-eend- en gansvere en dons is reeds lank gewild vir donskomberse, kussings, slaapsakke en jasse. Die lede van die familie word ook reeds lank vir voedsel gebruik. Terwyl die status van die Anatidae as 'n familie voor die hand liggend is, en daar min debat is oor watter spesies behoorlik daaraan behoort, word die verwantskap tussen die verskillende subfamilies daarbinne swak verstaan.


 src=

Knobbeleend (Sarkidiornis melanotos)

 src=

Chileense fluiteend (Anas sibilatrix)

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF