dcsimg
Image of African lovegrass
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » True Grasses »

African Lovegrass

Eragrostis echinochloidea Stapf

Krummelgras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Krummelgras (Eragrostis echinochloidea Stapf) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika (Limpopo, Noord-Wes en Noord-Kaap). Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1] Dit kom ook in Zimbabwe, Botswana en Namibië voor.

Dit is 'n meerjarige onvertakte polgras wat regop of knielend groei. Die blaarskedes is gekield en papieragtig en die blaarrande het versonke kliertjies. Die bloeiwyse is 'n nouliks vertakte pluim met diggepakte stekeltjies op alleenstaande takkies. Die stekeltjies is vir mense en bobbejane eetbaar. Hierdie spesie is droogtebestand en groei op versteurde veld of klipperige hellings.[2]

In Deception Valley, een van die drie droë rivierbeddings wat die Sentraal Kalahari Wildreservaat van Botswana deursny, is hierdie spesie saam met Enneapogon desvauxii en Sporoborus iocladus die volopste grasspesie wat die rivierbedding in die reëntyd (tussen November en April/Mei) bedek.[3]

Beweiding

Die beweidingswaarde is matig

EIW SWIW LnregWIW Weidingsindekswaarde[4] 4 4.5 2.12

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Krummelgras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Krummelgras (Eragrostis echinochloidea Stapf) is 'n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika (Limpopo, Noord-Wes en Noord-Kaap). Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit kom ook in Zimbabwe, Botswana en Namibië voor.

Dit is 'n meerjarige onvertakte polgras wat regop of knielend groei. Die blaarskedes is gekield en papieragtig en die blaarrande het versonke kliertjies. Die bloeiwyse is 'n nouliks vertakte pluim met diggepakte stekeltjies op alleenstaande takkies. Die stekeltjies is vir mense en bobbejane eetbaar. Hierdie spesie is droogtebestand en groei op versteurde veld of klipperige hellings.

In Deception Valley, een van die drie droë rivierbeddings wat die Sentraal Kalahari Wildreservaat van Botswana deursny, is hierdie spesie saam met Enneapogon desvauxii en Sporoborus iocladus die volopste grasspesie wat die rivierbedding in die reëntyd (tussen November en April/Mei) bedek.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF