Die Smalkopkurper (Serranochromis angusticeps) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, Kunenerivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Kafuerivier. Dit kom ook in die sytakke van die Kongorivier in Zambië voor.
In Engels staan die vis bekend as die Thinface largemouth of die Thinface bream.
Die smalkopkurper het 'n groot kop met klein oë en 'n skuinsbek wat soos 'n konsertina oopvou. Die kop en lyf is redelik plat. Daar is drie tot vier rye enkelpunt, klein tandjies in die bokaak en twee tot drie rye onder. Die onderste keeltandbeen is smal en lank, met lang dun, enkel- of dubbelgepunte tande.
Die kop en lyf van beide geslagte het kenmerkende rooi kolletjies op. Volwasse mannetjies het 'n helder geel kop en die stert- en dorsalevinne is blougrys met donker bruin kolle, die anale vin is geel met oranje kolletjies op. Die gespikkelde bek, wange en kiefdeksels is uniek aan die vis.
Die skubbe is grof en daar is 35 tot 39 op die systreep.
Die vis word tot 41 cm lank en die Zimbabwe-hengelrekord is 2.195 kg.
Die smalkopkurper kom in alle tipes water voor maar verkies diep en stil water en lagunes met digte plantegroei.
Die vis se plat vorm help hom om ander visse te bekruip soos spesies van die genera Brycinus en Micralestes.
Hulle broei in die somer; die mannetjies maak neste by die plantegroei in water wat 1–3 m diep is.
Die smalkopkurper is 'n goeie sport- en eetvis.
Alle tipes kunsaas werk goed, maar swaailemme is van die beste. Vir die beste hengel resultate moet die swaailem, lepel of kunsvissie, óf so na as moontlik aan die bodem óf so na as moontlik aan die plantegroei of rivierwal ingebring word.
Erdwurms, visaas of klein vissies, asook insekte werk ook goed.
Waar tiervis afwesig is of nie so volop is nie, kan lewendige aas soos die Imberi (Tweekol Tiervis), net onder 'n stroomversnelling gehengel, baie goeie resultate lewer.
Dieselfde aas en hengel tegnieke wat vir die bloukurper gebruik word, kan ook met groot vrug op roofkurpers soos die smalkopkurper, gebruik word.
Die naam smalkop dui op die afstand tussen die oë. Hierdie vis was aanvanklik verwar met die kromkop-kurper en die twee was eers as 'n enkele spesie beskou.
Die Smalkopkurper (Serranochromis angusticeps) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, Kunenerivier, boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Kafuerivier. Dit kom ook in die sytakke van die Kongorivier in Zambië voor.
In Engels staan die vis bekend as die Thinface largemouth of die Thinface bream.
Serranochromis angusticeps és una espècie de peix de la família dels cíclids i de l'ordre dels perciformes.
Els mascles poden assolir els 41 cm de longitud total.[3]
Serranochromis angusticeps és una espècie de peix de la família dels cíclids i de l'ordre dels perciformes.
Serranochromis angusticeps es una especie de peces de la familia Cichlidae en el orden de los Perciformes.
Los machos pueden llegar alcanzar los 41 cm de longitud total.[1]
Se encuentran en África.
Serranochromis angusticeps es una especie de peces de la familia Cichlidae en el orden de los Perciformes.
Serranochromis angusticeps Serranochromis generoko animalia da. Arrainen barruko Actinopterygii klasean sailkatzen da, Cichlidae familian.
Serranochromis angusticeps Serranochromis generoko animalia da. Arrainen barruko Actinopterygii klasean sailkatzen da, Cichlidae familian.
Serranochromis angusticeps on keskisen ja eteläisen Afrikan joissa ja järvissä elävä kirjoahven.
Serranochromis angusticeps on vartalo on voimakkaasti sivuilta litistynyt. Sillä on suuri suu, ja se on 40–55 asteen kulmassa. Suussa on suhteellisin pieniä ja kartomaisia hampaita. Molempien sukupuolien päässä ja vartalossa on punaisia täpliä. Täysikasvuisten koiraiden pää on kirkkaan keltainen. Pyrstö- ja selkäevä ovat sini-harmaita, ja niissä on tummanruskeita täpliä. Peräevä on kellertävä.[2]
Serranochromis angusticeps -lajia tavataan Kongosta, Namibiaan ja Botswanaan. Sitä tiedetään elävän Keskisessä Afrikassa Luapula- ja Lufirajoissa sekä Eteläisessä Afrikassa Sambesi-, Cunene-, Okavango- ja Kafuejoista.[1]
Serranochromis angusticeps on keskisen ja eteläisen Afrikan joissa ja järvissä elävä kirjoahven.
Serranochromis angusticeps is een straalvinnige vissensoort uit de familie van de cichliden (Cichlidae).[1] De wetenschappelijke naam van de soort is voor het eerst geldig gepubliceerd in 1907 door Boulenger.
Bronnen, noten en/of referenties窄頭鮨麗魚,為輻鰭魚綱鱸形目隆頭魚亞目慈鯛科的其中一種,分布於非洲剛果河上游、庫內內河、三比西河、奧塔萬戈河流域,體長可達41公分,棲息在沙石底質、植被生長水域,屬肉食性,以魚類、昆蟲、蝦子等為食,生活習性不明,可作為食用魚、觀賞魚及養殖魚。