dcsimg
Image of Okavango tilapia
Life » » Animals » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Cichlids And Tilapias »

Okavango Tilapia

Tilapia ruweti (Poll & Thys van den Audenaerde 1965)

Okavango-kurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Okavango-kurper (Tilapia ruweti) is 'n varswatervis wat in die Okavangodelta, die boonste gedeelte van die Zambezirivier en suidelike sytakke van die Kongorivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Okavango tilapia.

Voorkoms

Die vis se kleur wissel; die lyf is olyf of helder blinkgroen met 8-9 vertikale olyf-ligpers strepe oor die lyf. Die kop is blinkgroen en blou (ligpers by broeiende mannetjies). Die vinne is ligpers of gelerig en die anale- en stertvinne is bedek met kolletjies. Die dorsale vin se rand het drie kleure: blou, wit en rooi. Broeiende wyfies word donker groenswart. Die vis word tot 104 mm lank.

Habitat

Die vis leef in moerasse en vloedvlaktes wat redelike plantegroei bevat. Hulle vreet detritus, sagte plantegroei en inseklarwes. Die mannetjie is gebiedsgebonde en lok wyfies na sy area. Die wyfies maak 'n pieringvormige nes waarin die eiers gelê en bevrug word. Die wyfie versorg die larwes terwyl die mannetjie die area bewaak.

Sien ook

Eksterne skakel

Verwysings

  1. Smith, A. 1838-1847. Pisces. A: Illustrations of the zoology of South Africa; consisting chiefly of figures and descriptions of the objects of natural history collected during an expedition into the interior of South Africa in 1834-1836. Illust. Zool. S. Africa v. 4: 77 unnumb. pp, accompanying Pls. 1-31.
  2. BioLib
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Okavango-kurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Okavango-kurper (Tilapia ruweti) is 'n varswatervis wat in die Okavangodelta, die boonste gedeelte van die Zambezirivier en suidelike sytakke van die Kongorivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Okavango tilapia.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF