dcsimg

Kolhaas ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kolhaas (Lepus saxatilis) is 'n haas wat in Suid-Afrika, dele van Sentraal-Afrika en Namibië voorkom. Die kolhaas is groter as die vlakhaas maar kleiner as die springhaas. Die springhaas is egter nie 'n ware haas nie maar 'n knaagdier.

Voorkoms

Die haas is dofgelerig met swartgrys kolle wat van naby beskou 'n sout-en-peper voorkoms het. Die ken en onderdele is wit. Om die keel is 'n kraag van dieselfde kleur as die bodele met 'n wit kol op die voorkop. Die kol op die bokant van die nek wissel van baksteenbruin tot oranjegeel. Die stert is swart aan die bokant en wit aan die onderkant, en die pote is dofgeel. Hierdie hase het 'n gemiddelde lengte van 60 cm en die wyfie is effens groter as die mannetjie.

Habitat en gewoontes

Hulle hou van ruigtes met stukke grasveld en vermy oop grasvlaktes of digte bos. Kolhase is naglewend; hulle kom na sononder uit en soek teen sonop weer hul skuilplekke op. Hulle is gewoonlik alleen en is gevoelig vir koue weer. Kolhase se natuurlike vyande is die luiperd, leeu, rooikat, vaalboskat, tierboskat, wildehond, siwet, rooijakkals en breëkoparend.

Hulle eet veral groen gras, blare, lote en stingels. Telkens word twee tot drie kleintjies gebore na 'n dratyd van ±5 weke. Die kolhaas het 'n moontlike lewensduur van 7,5 jaar.

Sien ook

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kolhaas: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kolhaas (Lepus saxatilis) is 'n haas wat in Suid-Afrika, dele van Sentraal-Afrika en Namibië voorkom. Die kolhaas is groter as die vlakhaas maar kleiner as die springhaas. Die springhaas is egter nie 'n ware haas nie maar 'n knaagdier.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF