dcsimg

Rooiborslaksman ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die rooiborslaksman, Laniarius atrococcineus, is 'n insekvretende, kleurvolle voël met 'n karmosynrooi bors, maar in uitsonderlike gevalle 'n gele. Atrococcineus beteken swartrooi. Dit is 'n bosveldvoël wat in doringveld, dikwels in droër sanderige omgewings in suidelike Afrika voorkom.

Die Swartkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik onder andere hierdie voël as broeigasheer vir sy kleintjies.

Kortlikse identifikasie

Grootte

Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.

Snawel

Donker, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.

Pote

Donker met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels.

Veredos

Karmosynrooi onder, swart bo met wit strepe in die vlerke.

Gewoontes

Toer wippende op die grond en deur die takke van bome.

Habitat

Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.

Geluid

Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.

Status

Algemeen

Kan verwar met

Geen.

Identifikasie

Mate

Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.

Lengte

22-23 sentimeter.

Gewig

48 gram.

Snawel

Blinkswart, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.

Pote

Swart met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels. Tarsus sigbaar, onderste stukkie van tibia is sigbaar, maar met swart veertjies bedek.

Veredos

Manlik

Karmosynrooi keel, -bors, -pens en –onderstertdekvere.
Swart agterkop, -rug, -kruis, -bo-stertdekvere. Vlerke is swart met duidelike wit strepe op die vlerke.

Vroulik

Soos manlik.

Gewoontes

Een of twee toer wippende op die grond en deur die takke van bome.

Habitat

Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.
Kompeteer dikwels met die fiskaallaksman vir habitat.

Geluid

Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.

Status

Algemeen

Verspreiding

Suidwes Angola, Namibië, Botswana, Noord-Kaap: noord van die Oranje-rivier, Noordwes, Limpopo, noord en wes Mpumalanga, Gauteng, noord- en wes-Vrystaat.

Kos

Insekte

Kan verwar met

Geen.

Naam

Latyn

Laniarius atrococcineus

Engels

Crimsonbreasted Shrike/Gonolek

Ou identifikasie nommer

739

Sien ook

Bronnelys

  • Maclean, Gordon Lindsay Roberts’ Birds of Southern Africa. John Voelcker Bird Book Fund, Kaapstad, 1985.
  • Newman, Kenneth Newman se Voëls van Suider-Afrika. Southern Boekuitgewers (lid van New Holland Struik Groep), Halfweghuis, 1991.
  • Sinclair, Ian, Hockey, P.A.R., Arlott, Norman The larger illustrated guide to birds of southern Africa. Struik Publishers (lid van New Holland Uitgewers), Kaapstad, 2005
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooiborslaksman: Brief Summary ( Afrikaans )