dcsimg

Kransduif ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kransduif (Columba guinea) is 'n duif wat in groot dele van Afrika suid van die Sahara voorkom. Die kransduif het in groot getalle van sy oorspronklike habitat van steil kranse en berge na die dorpe en stede beweeg waar hy saam met die wildeposduif woon. Daar word vermoed dat die twee genera soms kruisteel.[1] Daar heers onsekerheid oor die redes vir hul habitatuitbreiding na die stede, maar die hoë toringgeboue verskaf genoeg hoekies en lysies vir nesmaak en kom ruweg met die rotswande van hul natuurlike omgewing ooreen.

Voorkoms

 src=
Op 'n dak in Arusha, Tanzanië

Hierdie is 'n groot duif, 41 cm in lengte. Die rooibruin rug, witgespikkelde vlerke en blougrys romp is kenmerkend. Die kop is grys, en naby kan 'n rooierige, kaal vel rondom die gesien word. Die nek is bruin, met wit strepe, en die bene is rooi. Die roep is 'n doo-doo-doo. Die geslagte lyk eenders, maar onvolwassenes is bruiner as volwassenes.

Nes

 src=
'n Kransduif met kuiken

Hierdie spesie bou 'n groot stokkiesnes in 'n boom en lê twee wit eiers. Die vlug is vinnig, met gereelde slae, en by geleentheid 'n skerp flik van die vlerke wat kenmerkend is van duiwe in die algemeen.

Voeding

Die kransduif se kos is groente en hulle versamel in groot getalle waar graan of grondbone beskikbaar is.

Sien ook

Verwysings

  1. Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14

Bronne

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kransduif: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kransduif (Columba guinea) is 'n duif wat in groot dele van Afrika suid van die Sahara voorkom. Die kransduif het in groot getalle van sy oorspronklike habitat van steil kranse en berge na die dorpe en stede beweeg waar hy saam met die wildeposduif woon. Daar word vermoed dat die twee genera soms kruisteel. Daar heers onsekerheid oor die redes vir hul habitatuitbreiding na die stede, maar die hoë toringgeboue verskaf genoeg hoekies en lysies vir nesmaak en kom ruweg met die rotswande van hul natuurlike omgewing ooreen.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF