Die Witlip-bontpaling (Gymnothorax chilospilus) is 'n vis (daar word na die vis verwys as 'n paling) wat in die Indiese-Pasifisiese area, die westelike Indiese Oseaan eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank voorkom. In Engels staan die paling bekend as die Lipspot moray.
Die paling is bruinerig van kleur en die hele lyf is bedek met 'n onreëlmatige patroon van donker vlekke. Daar is 'n wit kol net onder die mondhoeke op die onderste kaak vandaar die naam witlip. Die dorsale vin is lank; dit begin net voor die kieusplete. Die iris is donkerbruin met 'n goue ring om die pupil.
Die paling kom in koraal- en rotsriwwe voor in water wat 2 – 45 m diep is. Daar is baie min bekend omtrent die paling.