dcsimg

Bont-akkedisvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bont-akkedisvis (Synodus dermatogenys) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille- en Indiese Oseane asook die Rooisee en hiervandaan aan die ooskus van Afrika tot by sentraal Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Sand lizardfish.

Identifikasie

Die vis word tot 23 cm lank en is grys tot bruin met ses vlekke op die rug. Daar is ook 8 tot 9 diamantvormige vlekke aan die sye; die sye se middelpunte is ligter. Die vis leef in rots kusareas en aflandige, beskermde koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 70m diep is. Hulle is alleenlopers maar leef ook in pare saam of selfs in klein groepies. Hulle verkies sand en rommel bodems waar hulle hulself in die sand begrawe tot net die oë en neus uitsteek. Dit eet klein vissies.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bont-akkedisvis: Brief Summary ( Afrikaans )