Die geelvin-soldaat (Myripristis chryseres) is 'n vis wat voorkom in beperkte gebiede in die Stille- en Indiese Oseane. dit kom voor vanaf Oos-Afrika tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin soldier.
Die vis word tot 25 cm lank en is rooi met helder geel rug, pens en stertvinne. Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat tot 25m diep is. Hulle is gewoonlik alleenlopers of kom soms in klein groepies voor onder rots oorhange of grotte gedurende die dag. Die vis vreet soöplankton snags. Die vis is raar.