dcsimg

Streepkol-klipspringer ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Streepkol-klipspringer (Istiblennius dussumieri) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Streaky rockskipper.

Identifikasie

Die vis word tot 10 cm lank. Die vis se lyf is lig van kleur met bruingroen vertikale, breë strepe oor die sye wat nouer word aan die onderkant en in twee verdeel. Die breë strepe word kolletjies aan die bokant van die vis se lyf. Daar is 'n tentakel bokant die . Hulle leef op rotsstrande en tussen getypoele in water wat selde dieper as 1 m is. Die visse is alleenlopers of bly in klein groepies saam. Hulle vreet draderige alge.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Streepkol-klipspringer: Brief Summary ( Afrikaans )