dcsimg
Image of Steinitz' prawn goby
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Ray Finned Fishes » » Gobies »

Steinitz' Prawn Goby

Amblyeleotris steinitzi (Klausewitz 1974)

Steinitzse dikkop ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Steinitzse dikkop (Amblyeleotris steinitzi) is 'n dikkop wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as Steinitz's shrimp goby.

Identifikasie

Die vissie word tot 8 cm groot. Die lyf is witterig en het vyf rooibruin, breë strepe wat skuins oor die lyf strek. By sommige vissies is die strepe dof. Daar is geel kolletjies op die dorsale vinne. Om die snoet en die mond is dit donkerbruin maar swart in die spesies wat in die Rooisee voorkom. Hulle leef in sanderige gebiede in tropiese strandmere asook aflandige koraalriwwe in water wat 6 tot 27 m diep is. Hulle kom gewoonlik in pare voor, die wyfie word min gesien omrede sy in die nes bly. Hulle vreet ongewerweldes en soöplankton. Die spesie is volop.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Steinitzse dikkop: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Steinitzse dikkop (Amblyeleotris steinitzi) is 'n dikkop wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as Steinitz's shrimp goby.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF