Die donkerkonynvis (Siganus luridus) is 'n vis wat wydverspreid in die westelike Indiese Oseaan voorkom: die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die dusky rabbitfish.
Die vis word tot 30 cm lank. Die boonste kant van die lyf is gewoonlik geelbruin en die onderkant is lig. Daar is klein blou kolletjies op die sye van die vis. Daar is verskeie blou, horisontale lyne op die wange en donker, vertikale strepe op die gelerige stert. Die vis se kleur kan egter varieer, die bokant van die lyf kan ook donker geelbruin wees en grys aan die onderkant met 'n geel streep aan die bokant van die sye en 'n wit streep deur die middel van die lyf.
Hulle leef in rotsstrande en aflandige riwwe in water wat tot 40 m diep is. Die vis leef in pare of klein groepies saam. Hulle vreet alge. Die spesie is raar in Suid-Afrikaanse waters.