dcsimg

Geelvintuna ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Geelvintuna (Thunnus albacares), 'n roofvis, is 'n lid van die Tuna-familie en kom voor aan die hele kuslyn van Suid-Afrika, en wêreldwyd in tropiese, sub-tropiese en matige waters. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin Tuna of Tunny. Die Geelvintuna is 'n uiters gewilde sportvis.

Identifikasie

Die vis is torpedovormig, donkerblou aan die bokant en 'n sylangse geel streep skei die bokant van die silwerkleurige pens. Die vis het geel rugvinne terwyl die rug- en anale vinne sekelvormig word met ouderdom. Vertikale wit strepe of vlekke is sigbaar op die pens van 'n vis wat pas gevang is. Die massa van 'n volwasse geelvintuna wissel van 40 tot 100 kg.

Gewoontes

Hulle is aflandig verspreid maar is al van die kus af gevang (Rooikranz naby Kaapstad en Robberg naby Plettenbergbaai) wanneer die toestande gunstig was. Die vis verkies water van 17 tot 27 °C, en jag veral op pelagiese vis en pylinkvis.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelvintuna: Brief Summary ( Afrikaans )