dcsimg

Sesstreep-seepvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Sesstreep-seepvis (Grammistes sexlineatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee, die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Sixstripe soapfish.

Voorkoms

 src=
'n Volwasse Sesstreep-seepvis.

Die vis se lyf is donker bruin met 4 - 6 geel horisontale strepe op. By die ouer visse lyk die strepe soos stippel lyne. Die onvolwasse vissies het geel kolle op. Die vis word tot 27 cm lank.

Habitat

Die vis leef in vlak koraal en rots riwwe en die onvolwasse vissies in getypoele. Hulle word nooit dieper as 50 m gesien nie. Die vis se vel produseer 'n laag toksiese slym (dit gee die vis 'n slegte smaak) as 'n afweermiddel. Die spesie is alleenswemmers en vreet skaaldiere en vis. Die vis kan in akwariums oorleef.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sesstreep-seepvis: Brief Summary ( Afrikaans )