Die Galjoen (Dichistius capensis) is 'n vis endemies aan Suider-Afrika en kom aan die kus vanaf Namibië tot by Durban voor. In Engels staan die vis ook as die Galjoen bekend.
In rotsareas is die vis swartbruin tot donkergrys en word binne sekondes silwerkleurig wanneer dit oor wit sandareas beweeg. Dit het 'n dik lyf en klein skubbetjies. Dit kan 'n lengte van tot 80 cm bereik en word 6,5 kg swaar. Dit is ook Suid-Afrika se nasionale vis.
Die vis kom voor in onstuimige water in rotsagtige en sandstrande met sterk golfaksie. Hulle vreet mossels, eendmossels, rooiaas, alge en borselwurms. Hulle neig om aan 'n gebied gebonde te wees. Die wyfies bereik volwassenheid sodra hulle 34 cm lank is na ongeveer ses jaar. Hulle broei van Oktober tot Maart.
Dit is 'n gesogte eetvis. Die SADSAA hengelrekord is 1,8 kg. Die vis mag nie gevang word van die 15de Oktober tot die laaste dag van Februarie nie.
Amptelike simbole van Suid-Afrika
Blom: Boom: Voël: Dier: Vis: die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis
Die Galjoen (Dichistius capensis) is 'n vis endemies aan Suider-Afrika en kom aan die kus vanaf Namibië tot by Durban voor. In Engels staan die vis ook as die Galjoen bekend.