dcsimg
Image of African cornflag
Life » » Plants » » Dicotyledons » » Iris Family »

African Cornflag

Chasmanthe floribunda (Salisb.) N. E. Br.

Piempiempie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die piempiempie[1] (Chasmanthe floribunda (Salisb.) N.E.Br.) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes- en Noord-Kaap voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[2] Moenie hierdie plant met die pempempie van die ooste van Suid-Afrika en eSwatini verwar nie. Hulle is nie naverwante spesies nie.

Dit is 'n bladwisselende geofiet wat 50 tot 120 cm hoog word en knolle vorm wat 6 -7 cm in deursnee word. Die stam is regop en gewoonlik vertak. Die blare is swaardvormig en 2,5 - 3,5 cm breed. Die blomme is sonder reuk en vorm 2 - 2,5 lang oranje pypies. Die variant var. duckittii het gelerige blomme. Jangroentjies en kleinrooibandsuikerbekkies besoek die blomme vir die nektar en bevrug die plant.[3]

Fotogalery

Verwysings

  1. rooipypie, suurkanol
  2. SANBI-rooilys.
  3. pza.sanbi.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Piempiempie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die piempiempie (Chasmanthe floribunda (Salisb.) N.E.Br.) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Wes- en Noord-Kaap voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys. Moenie hierdie plant met die pempempie van die ooste van Suid-Afrika en eSwatini verwar nie. Hulle is nie naverwante spesies nie.

Dit is 'n bladwisselende geofiet wat 50 tot 120 cm hoog word en knolle vorm wat 6 -7 cm in deursnee word. Die stam is regop en gewoonlik vertak. Die blare is swaardvormig en 2,5 - 3,5 cm breed. Die blomme is sonder reuk en vorm 2 - 2,5 lang oranje pypies. Die variant var. duckittii het gelerige blomme. Jangroentjies en kleinrooibandsuikerbekkies besoek die blomme vir die nektar en bevrug die plant.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF