dcsimg

Thamalakane-ghieliemientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Thamalakane-ghieliemientjie (Barbus thamalakanensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier. In Engels staan die vis bekend as Thamalakane barb.

Voorkoms

Die vis het 'n slank lyf met twee pare baarde om die mond. Die vis is deurskynend bruin aan die bokant, silwer-wit aan die kante en die onderkant. Daar is swart streep vanaf die punt van die snoet tot by die basis van die stertvin en daar is ook 'n swart kol op die basis van die analevin. Gedurende die broei tyd word die mannetjies goudkleurig. Die vis word tot 40 mm groot.

Habitat

Die vis leef in langs die oewers van riviere in water wat digte plantegroei in het. Hulle vreet insekte.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Thamalakane-ghieliemientjie: Brief Summary ( Afrikaans )