Die Kaapse wolfslang (Lycophidion capense) is 'n onskadelike slang wat wydverspreid oor Suidelike Afrika voorkom behalwe in die Wes-Kaap waar dit net aan die suidelike kus en net in die noorde van die Noord-Kaap voorkom. Die slang het sy naam verkry weens die lang, teruggebuigde voortande aan albei kake.
Die slang se rug is lig tot donkerbruin of swarterig. Soms het die skubbe witrande wat die die slan gespikkel laat voorkom. Die pens is normaalweg wit, daar is soms donker spikkels op die op die pens. Daar kan ook soms 'n onreëlmatige band in die middel van die pens af wees. Die koppie is klein, plat en puntig. Die slang word 30 tot 40 cm lank, die rekord is 64 cm. Die slang is ovipaar, lê 3-9 eiers in die vroeë somer.
Hulle verkies laaglandwoude, fynbos, vogtige savannegebiede, grasveld en Karoostruikveld. Hier verkies hulle klam plekke en word gewoonlik onder klippe, stompe, hope dekgras,rommelhope of verlate termiethope aangedryf.
Die wolfslang hou geen gevaar vir die mens in nie en probeer selde byt. Hulle beweeg stadig en is grondlewend. Hulle is snags aktief en jag dan akkedisse, skinke en geitjies jag. Hulle vreet ook ander slange. Word die slang bedrieg sal hy sy hele lyf platmaak.
Die wolfslang se natuurlike vyande is karnivore, roofvoëls asook ander slange.