dcsimg

Sykol-ghieliemientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Sykol-ghieliemientjie (Barbus neefi) is 'n varswatervis wat wyd verspeid is. Dit kom voor in sytakke en in die Limpopo-, Steelpoortriviere en naby die oorspronge van die Zambezirivier, Kafuerivier en buite Suider-Afrika in die Kongorivier. In Engels staan die vis bekend as die Sidespot barb.

Voorkoms

Daar is twee pare baarde om die mond. Die vis is donkerolyf aan die bokant en goud-groen aan die sye. Die kieudeksel is heldergoud van kleur. Kenmerkend van die vis is die groot, donker kolle op die sye in 'n ry terwyl daar ook swart kolle op die basisse van die stertvin en die analevin voorkom. Daar is ook horisontale lyne op die boonste en onderste ry skubbe. Die vis word tot 70 mm lank.

Habitat

Die vis kan in 'n akwarium aangehou word.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sykol-ghieliemientjie: Brief Summary ( Afrikaans )