Plasmodium falciparum is die malariaparasiet wat verantwoordelik is vir 80% van alle sterftes wat toegeskryf kan word aan malaria. Die organisme is vanaf die phyllum Apicomplexa wat gekenmerk word deur teenwoordigheid van 'n chloroplasagtige organel genaamd die apikoplas. Die apikoplas is verantwoordelik vir die metabolisme van heem wat uit die gasheer se rooibloedselle verkry word.