dcsimg
Image of Jerusalem Cherry
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Nightshades »

Jerusalem Cherry

Solanum pseudocapsicum L.

Winterkersie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die winterkersie of Solanum pseudocapsicum is ’n spesie van die genus Solanum met giftige vrugte. Dié meerjarige plante kan as huisplante gekweek word, maar dit word in sommige lande as ’n onkruid beskou.

Eienskappe

 src=
S. pseudocapsicum dra groot blomme.

Die plant is inheems aan Peru en Ecuador en kan ryp en koue weerstaan. Hulle leef sowat 10 jaar en dra gewoonlik van hul tweede of derde jaar af bessies. Hulle is verwant aan die tamatie (Solanum lycopersicum) en die vrugte se smaak en tekstuur is baie soos dié van kersietamaties; daarom word die twee dikwels verwar. Hulle is ook verwant aan die aartappel (Solanum tuberosum).

Dit is een van twee spesies van Solanum wat as huisplante gekweek kan word; die ander een is Solanum annuum.[1]

Probleme

Hoewel die bessies giftig is, is hulle gewoonlik nie lewensgevaarlik vir mense nie. Dit kan wel maagprobleme veroorsaak, onder meer vomering en gastro-enteritis.[2] Winterkersies is baie giftig vir honde,[3] katte,[4] en sommige voëls.[5]

As die blare verlep en die bessies afval, is die plant te droog. As die onderste blare geel word met bruin kolle op, is daar ’n magnesiumtekort. Vaalvrot, rooimyte en virussiekte kan ook voorkom. In laasgenoemde geval moet die plant vernietig word.

Verwysings

  1. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  2. D. G. Spoerke & S. C. Smolinske (1990). Toxicity of Houseplants. Boca Raton, Florida: CRC Press.
  3. "Toxic plants for dogs". CyberCanine.com. 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2012. Besoek op 29 September 2008.
  4. "Plants and your cat". Cat Fanciers' Association. Desember 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2010. Besoek op 29 September 2008.
  5. "Bird safety: poisonous and safe plants for birds". Peteducation.com. 1997. Besoek op 29 September 2008.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Winterkersie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die winterkersie of Solanum pseudocapsicum is ’n spesie van die genus Solanum met giftige vrugte. Dié meerjarige plante kan as huisplante gekweek word, maar dit word in sommige lande as ’n onkruid beskou.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF