dcsimg

Kiewieteiers ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kiewieteiers[1][2] (Adromischus cooperi (Baker) A.Berger) is 'n vetplantjie wat endemies aan die oostelike Karoo is. Dit word op klipperige hellings aangetref. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys. [3]

Dit is 'n dwergvetplantjie wat 4,5 cm hoog word. Dit het spreidende takkies wat digbeset is met blare wat 5 cm lank kan word. Hulle is dik en silwergroen tot blou met pers kolle wat hulle effens soos die eiers van kiewiete laat lyk.[4]

Dit word as kamerplantjie gehou. Dit vereis baie lig, temperature van 18 (snags) tot 24 °C (bedags) en 'n vogtigheid van 25-50% [2]

Fotogalery

Verwysings

  1. ook: bontplakkie, maar hierdie naam word ook vir A. maculatus en A. trigynus gebruik.
  2. 2,0 2,1 http://world-population.net/house_plants/af/8.
  3. SANBI.
  4. worldofsucculents.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kiewieteiers: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kiewieteiers (Adromischus cooperi (Baker) A.Berger) is 'n vetplantjie wat endemies aan die oostelike Karoo is. Dit word op klipperige hellings aangetref. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n dwergvetplantjie wat 4,5 cm hoog word. Dit het spreidende takkies wat digbeset is met blare wat 5 cm lank kan word. Hulle is dik en silwergroen tot blou met pers kolle wat hulle effens soos die eiers van kiewiete laat lyk.

Dit word as kamerplantjie gehou. Dit vereis baie lig, temperature van 18 (snags) tot 24 °C (bedags) en 'n vogtigheid van 25-50%

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF