dcsimg

Stinkmuishond ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die stinkmuishond (Ictonyx striatus) is 'n soogdier en 'n karnivoor wat in die grasvlaktes en oop velde van Suider- en Wes-Afrika voorkom. Die dier se naam is afgelei van die stinkende vloeistof wat dit afskei om vyande mee af te weer.

'n Stinkmuishond se pels is meestal donkerbruin bo en swart onder, maar het prominente wit strepe wat van sy kop tot die punt van sy stert strek. 'n Gemiddelde volwasse stinkmuishond is tussen 50 en 60 cm lank, insluitende 'n 20 cm stert. Die mannetjies weeg gemiddeld 1,4 kg, terwyl die wyfies ongeveer 1 kg weeg.

Hulle vreet hoofsaaklik voëls, muise, groot insekte en ander klein reptiele waarop hulle in die nagtelike ure jag. Om potensiële vyande af te skrik, skei hulle 'n stink vloeistof deur hul anale kliere af. Behalwe vir sy onwelriekende geur, kan die stinkmuishond sy vyande ook vermy deur voor te gee asof dit dood is, of deur bome te klim.

Stinkmuishonde is alleenlopers, maar sal kontak met ander stinkmuishonde tydens die paarseisoen duld. Die wyfie is vir ses weke dragtig en gee tussen September en Desember geboorte aan een tot drie kleintjies. Stinkmuishonde het 'n leeftyd van tussen 13 en 15 jaar.

Sien ook

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Larivière, Serge (2002). Ictonyx striatus". Mammalian Species (698):1–5.
  • Nowak, Ronald M. (2005). Walker's Carnivores of the World. Baltimore: Johns Hopkins Press. ISBN 0-8018-8032-7
  • Mustelid Specialist Group (1996): Ictonyx striatus by die IUCN se Red List vir bedreigde spesies.

Verwysings

  1. Stuart, C., Stuart, T. & Hoffmann, M. (2008). "Ictonyx striatus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 30 July 2010.AS1-onderhoud: Veelvoudige name: authors list (link)
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Stinkmuishond: Brief Summary ( Afrikaans )