dcsimg

Witoorpikkewyn ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die witoorpikkewyn (Pygoscelis papua) is 'n voël wat op die Antarktiese-eilande voorkom en baie seldsaam in Suid-Afrika is. In Engels staan die pikkewyn bekend as die Gentoo Penguin. Pikkewyne kan natuurlik nie vlieg nie, maar is sterk swemmers. Die witoorpikkewyn kan 'n spoed van 40 kilometer per uur in die water haal.

Voorkoms

Die pikkewyn is 75–80 cm groot en weeg tot 7.2 kg. Daar is 'n duidelike wit vlek bo en agter die oog met 'n smal wit oogkring. Die pote en snawel is oranje. Die swemvlerke is lank en het 'n ligte oranje tint aan die onderkant.

Verspreiding

Die pikkewyn kom in groot getalle voor in Antarktika, Kergueleneilande, Suid-Georgië en op die Falkland-eilande. Kleiner bevolkings is teenwoordig op die Antarktiese skiereiland, Macquarie-eiland, Heard- en McDonaldeilande en die Suidelike Shetlandeilande.

Galery

Sien ook

Bronne

  1. BirdLife International (2012). "Pygoscelis papua". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.

Eksterne skakels

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Witoorpikkewyn: Brief Summary ( Afrikaans )