dcsimg

Swartkopwielewaal ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die swartkopwielewaal is 'n algemene standvoël.

Identifikasie

Die swartkopwieliewaal word aan sy swart kop en pienk snawel uitgeken; in teenstelling met die swartkeelgeelvink wat 'n swart snawel het. Die geslagte lyk eners en het 'n gemiddelde lengte van 25 cm.

Habitat

Hierdie voëls kom een-een of in pare voor in klam, goed ontwikkelde bosveld of gemengde bosveld, oewerbos en uitheemse bome. Hulle is lawaaierige, opvallende voëls wat die droë sentrale en westelike streke van Suider-Afrika vermy.

Verspreiding

Kom voor in die suidelike dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, eSwatini, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek, Zimbabwe, die noordoostelike deel van Botswana, die Caprivistrook en die noordelike deel van Namibië.

Geluid

Sy gewone geroep is 'n helder "fioee"; uiter ook 'n skor alarmroep "tjurr".

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartkopwielewaal: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die swartkopwielewaal is 'n algemene standvoël.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF