dcsimg

Swartvin-rifhaai ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Swartvin-rifhaai (Carcharhinus melanopterus) is 'n haai wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die haai bekend as die Blackfin reef shark.

Identifikasie

Die haai word tot 250 cm lank, dus 'n medium grote haai. Die haai se lyf is grys tot grys-bruin met 'n kort stomp en ronde snoet. Die onderkant van die haai is lig. Al die vinne, insluitend die stertvin, se punte is swart. Dit word beklemtoon omrede die dorsalevin en onderste gedeelte van stertvin witterig van kleur is. Daar is witterige streep op die sye.

Die haai leef in koraalriwwe en vlak kus strandmere in water wat tot 30m diep is. Die haai se vinne en rug word gesien wanneer dit in vlak water swem. Hulle is alleenlopers maar jag saam in groepe. Hulle vreet vis, skaaldiere en koppotiges.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. Blainville H. de 1816. Prodrome d'une nouvelle distribution systématique du règne animal. Bull. Soc. Philomath. Paris v. 8. 105-112 [sic for 113-120] +121-124.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Swartvin-rifhaai: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Swartvin-rifhaai (Carcharhinus melanopterus) is 'n haai wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die haai bekend as die Blackfin reef shark.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF