dcsimg

Koninklike engelvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Koninklike engelvis (Pygoplites diacanthus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Royal angelfish.

Voorkoms

Die vis se lyf is geel met wisselende geel en wit (party keer blou) vertikale strepe oor die lyf. Die anale vin het blou en geel parallelle strepe, die kop is geel met blou strepe en die agterste gedeelte van die dorsale vin is blou. Die stertvin is geel of geelgroen. Die vis word 25 cm lank.

Habitat

Die vis leef in koraalriwwe wat in water wat 1 – 70 m diep is en is alleenlopers. Hulle oorleef moeilik in akwariums.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Koninklike engelvis: Brief Summary ( Afrikaans )