dcsimg
Image of kinnikinnick
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Heather Family »

Kinnikinnick

Arctostaphylos coloradensis Rollins

Beerbessie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die beerbessie (Arctostaphylos uva-ursi) is 'n plant uit die heidefamilie (Ericaceae). Die naam is gebaseer op die veronderstelling dat bere lief vir die vrugte sou wees.

Die beerbessie het 'n holarktiese verspreiding:

In Nederland kom dit in die duine voor.

Die beerbessie is 'n struikie van 30-60 cm hoog met kruipende stingels, wat aan die top regop staan. Die glansende, groen, omgekeerd-eierronde blare bly sit een tot drie jaar aan die struik. Dit kry van Maart tot April (die lente) blommetjies. Die wit of pienk blomme vorm kort oorhangende trosse. Die bessies is rooi van kleur en word deur voëls geëet, maar hulle is giftig vir mense.

Onderspesies

  • Arctostaphylos uva-ursi subsp. uva-ursi, holarkties
  • Arctostaphylos uva-ursi subsp. adenotricha, sentrale hoogland van die Sierra Nevada
  • Arctostaphylos uva-ursi subsp. coactilis, noordelikr en sentrale kusgebied van Kalifornië
  • Arctostaphylos uva-ursi subsp. cratericola, Guatemala in die berge (3000-4000 m)

Gebruik

Die blare word in medisinale drankies verwerk. Hulle bevat arbutine,

Fotogalery

Verwysings

Crystal txt.png Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Nederlandse Wikipedia. Sien bron.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Beerbessie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die beerbessie (Arctostaphylos uva-ursi) is 'n plant uit die heidefamilie (Ericaceae). Die naam is gebaseer op die veronderstelling dat bere lief vir die vrugte sou wees.

Die beerbessie het 'n holarktiese verspreiding:

Die spesie kom in Europa van Ysland, die Noordkaap en Noorweë tot aan Suid-Spanje (Sierra Nevada), Italië (Alpe) en die berge van Noord-Griekeland voor. Dit kom in Asië van Siberië tot in Turkye, die Kaukasus en die Himalaja voor. Die spesie word in Noord-Amerika van Alaska, Groenland en Kanada tot in die Rotsgebergte van Meksiko aangetref.