Die gewone rivierpadda (Amietia angolensis) is 'n padda wat in die suidelike, oostelike en noordelike gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Dit is een van die min paddas wat in die wintermaande aktief is. Die padda is groen of bruin met donker kolle en vlekke en 6 – 8 cm lank. Die snoet is gepunt en die agterpote is lank en sterk. Hulle vreet meestal insekte. Hulle leef in strome, poele en tuindammetjies.

'n Gewone rivierpadda Die een rus op 'n blaar