Die kwagga is 'n uitgestorwe subspesie van die vlaktesebra in die sebrafamilie,[2] wat eenmaal in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom het. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf verdof die strepe met die donkerder, tussenstreepspasies wat wyer word, en dan volg die agterkant wat eenvoudig bruin vertoon. Die naam is afgelei uit die Khoikhoi-woord vir sebra, wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was 'n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.
Die kwagga is 'n uitgestorwe subspesie van die vlaktesebra in die sebrafamilie, wat eenmaal in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom het. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf verdof die strepe met die donkerder, tussenstreepspasies wat wyer word, en dan volg die agterkant wat eenvoudig bruin vertoon. Die naam is afgelei uit die Khoikhoi-woord vir sebra, wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was 'n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.