dcsimg

Witwanggans ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Branta leucopsis

Die witwanggans (Branta leucopsis) is 'n opvallende gans met 'n pikswart nek en witgevlekte gesig. Ook die wetenskaplike naam "leucopsis" beteken "wit gesig".

Hulle word op eilande en kusgebiede in die Noord-Atlantiese Oseaan aangetref, soos Groenland, Skotland, Ierland, Islay, die Binne-Hebride, Nederland en noord van Siberië tussen die Barents- en Kara-see.

Mannetjies en wyfies het 'n identiese veredos, met 'n wit-grys onderlyf, 'n donkergrys en swart gestreepte rug en stert, 'n swart nek en agterkop en wit gesig. Hierdie ganse is oor die algemeen nie aggressief nie en kan in groepe met ander watervoëls aangehou word.

Witwangganse se dieet bestaan uit gras en saad. Hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.

Broeityd is tussen November en Maart (winter in die Noordelike halfrond). Die ganse bou 'n nes op die grond, tussen plante en gras, wat met dons uitgevoer word. Die wyfie lê tussen drie en vyf gryswit eiers wat na 24 tot 26 dae uitbroei. Die kuikens is self na twee tot drie jaar broeigereed.

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Witwanggans: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Branta leucopsis