Die Witvlerkvleikuiken (Sarothrura ayresi) is 'n baie skaars voël in die Rallidae familie. Sy wetenskaplike naam kom van die Suid-Afrikaanse ornitoloog, Thomas Ayres, wat dit by Potchefstroom ontdek het. Hierdie spesie word as bedreig gelys, omdat dit in 'n baie klein habitat voorkom. Daar is slegs aangetekende broei plekke. Selfs hierdie habitat beleef 'n voortdurende afname in area en kwaliteit as gevolg van die verlies van seisoenale vleilande.
Die Witvlerkvleikuiken lyk oorwegend soos die ander familie in die vleikuiken genus. Beide geslagte het 'n dowwe verekleed en 'n donker kroon. In vlug vertoon beide geslagte ook die kenmerkende wit sekondêre vere, 'n kenmerk wat slegs met die verwante genus Coturnicops gedeel word.
Die spesie het 'n twee-ledige habitat: noord van die ewenaar in Ethiopië en suid van die ewenaar in Zambië, Zimbabwe en Suid-Afrika. Dit is onbekend of die noordelike en suidelike bevolkings afsonderlike spesies is, maar hulle fisiese kenmerke is identies. Die voëls is nie permanente inwoners in enige van die bekende plekke nie en trek soms na so min as ses weke wanneer toestande ongunstige draai.
Die drie Ethiopiese terreine waar dit voorkom is die Suluta Valley vleilande, die Berga vleilande en die Wersebi vleilande naby Addis Abeba. Die spesie is vir die eerste keer in 1997 in die Berga vleilande gevind. In Suid-Afrika word hulle gereeld opgemerk in die Dullstroom en in die Wakkerstroom vleilande.
Die witvlerkvleikuiken roep tipies teen dagbreek en sononder, soms in 'n duet. Hulle natuurlike habitat is seisoenale vleilande. Die spesie word ernstig bedreig deur die verlies aan habitat. Dit word hoofsaaklik veroorsaak deurdat gras deur beeste vertrap, gras gesny en vleilande vir weiding gedreineer word.