dcsimg

Bekrapte leerbaadjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bekrapte leerbaadjie (Aluterus scriptus) is 'n vis wat wêreldwyd in alle tropiese en subtropiese water voorkom. Plaaslik kom dit aan die ooskus van Afrika, suidwaarts tot in die suidelike Oos-Kaap voor. In Engels staan die vis bekend as die Scribbled filefish.

Identifikasie

Die vis word tot 100 cm lank. Die vis is lank en skraal en die stertvin is lank soos 'n langhaarborsel. Die vis is liggrys tot donker olyfbruin van kleur. Die kleurskakering word deur die omgewing bepaal. Daar is ook onreëlmatige blou kolletjies, kort strepies en ook swart kolletjies op die lyf en kop.

Hulle leef in tropiese strandmere en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 2 tot 80 m diep is. Die onvolwasse visse word soms onder materiaal gevind wat op die oppervlakte dryf. Die vis neig om teen snaakse hellings te swem, is sku en alleenlopend. Hulle vreet 'n groot verskeidenheid plante en bodemdiertjies.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bekrapte leerbaadjie: Brief Summary ( Afrikaans )