dcsimg

Gevlekte valkvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gevlekte valkvis (Cirrhitichthys aprinus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese- en Stille Oseaan gebied, die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Paletail hawkfish.

Identifikasie

Die vis word tot 10 cm lank en sy lyf is wit met onreëlmatige klein tot groot, rooi tot bruin vlekke op. Die vlekke strek oor die hele lyf, tot by die dorsale vin. Die dorsale vin het 'n wit rand met donker kolle op die kieue deksel en die stertvin het geen kolle op nie.

Hulle leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 15 tot 50 m diep is. Die vis is 'n alleenloper maar kom ook soms in klein groepies bo koraal koppe of rots voor. Hulle vreet klein vissies en ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gevlekte valkvis: Brief Summary ( Afrikaans )