dcsimg
Image of Tasmanian Devil
Creatures » » Animal » » Vertebrates » » Synapsids » » Cynodonts » Mammals » » Marsupials »

Dasyuroid Marsupials And Marsupial Carnivores

Dasyuromorphia

Roofbuideldier ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die roofbuideldiere (Dasyuromorphia) is 'n orde van soogdiere wat tot die buideldiere behoort. Hulle kom net in Australië en Nieu-Guinea voor. Die meeste Australiese buideldiere wat karnivories is, behoort tot hierdie orde.

Die orde word in drie families verdeel

  1. Die Myrmecobiidae, wat net een spesies het, die numbat
  2. Die Thylacinidae, wat se laaste spesie in 1936 uitgesterf het, die Tasmaniese tier of buidelwolf.
  3. Die Dasyuridae - die regte roofbuideldiere waartoe ongeveer 70 spesies behoort, soos die Tasmaniese duiwel wat die grootste spesie is. Die ander kan so groot as 'n kat wees, soos die quoll, maar ook so klein as 'n muis soos die planigale. [1]

Die roofbuideldiere behoort saam met die ander Australiese buideldiere soos die klimbuideldiere tot die Australidelphia. Een kenmerkende verskil tussen die buidelroofdiere en die klimbuideldiere (Diprotodontia) is dat die buidelroofdiere meer as twee snytande het.

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Roofbuideldier: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die roofbuideldiere (Dasyuromorphia) is 'n orde van soogdiere wat tot die buideldiere behoort. Hulle kom net in Australië en Nieu-Guinea voor. Die meeste Australiese buideldiere wat karnivories is, behoort tot hierdie orde.

Die orde word in drie families verdeel

Die Myrmecobiidae, wat net een spesies het, die numbat Die Thylacinidae, wat se laaste spesie in 1936 uitgesterf het, die Tasmaniese tier of buidelwolf. Die Dasyuridae - die regte roofbuideldiere waartoe ongeveer 70 spesies behoort, soos die Tasmaniese duiwel wat die grootste spesie is. Die ander kan so groot as 'n kat wees, soos die quoll, maar ook so klein as 'n muis soos die planigale.