dcsimg

Tuinaffodil ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die tuinaffodil (Narcissus pseudonarcissus) is 'n bolplant wat oorspronklik uit Europa kom en aan die blomfamilie Amaryllidaceae behoort. Hulle word ook soms narsings genoem.

Kenmerkend van die affodil, is die duidelike trompetkroon. Die bekendste is die heldergeel, alleenstaande blomme wat tot 8 cm lank kan word. Affodille is bolgewasse met riemvormige blare. Die blomme wissel van taamlik groot tot baie groot. Deur kruisings en verdeling is enkel- en dubbelblomme ontwikkel. Hulle kom alleenstaande of in trosse voor, en die kleure wissel van wit tot geel met geel of oranje trompetkrone met 'n wit of geel kroonblaaragtergrond. Daar bestaan selfs 'n wit variëteit met geel trompet en 'n oranje kartelrandjie (Narsing tazzetta).

Sommige variëteite het byna geen geur nie, terwyl ander soorte weer 'n skerp geur het.

Aanvanklik was die N. tazzeta die belangrikste kwekersblom, maar vandag vervul die gewone geel affodil (N. pseudonarcissus), die rol. In Suid-Afrika word die affodil begin Maart geplant om in die laat winter en vroeë lente te blom. Hulle het behoorlike humusryke en vrugbare grond nodig. Affodille is uitstekende snyblomme.[1]

Verwysings

  1. Affodil in Wêreldspektrum, volume 1. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tuinaffodil: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die tuinaffodil (Narcissus pseudonarcissus) is 'n bolplant wat oorspronklik uit Europa kom en aan die blomfamilie Amaryllidaceae behoort. Hulle word ook soms narsings genoem.

Kenmerkend van die affodil, is die duidelike trompetkroon. Die bekendste is die heldergeel, alleenstaande blomme wat tot 8 cm lank kan word. Affodille is bolgewasse met riemvormige blare. Die blomme wissel van taamlik groot tot baie groot. Deur kruisings en verdeling is enkel- en dubbelblomme ontwikkel. Hulle kom alleenstaande of in trosse voor, en die kleure wissel van wit tot geel met geel of oranje trompetkrone met 'n wit of geel kroonblaaragtergrond. Daar bestaan selfs 'n wit variëteit met geel trompet en 'n oranje kartelrandjie (Narsing tazzetta).

Sommige variëteite het byna geen geur nie, terwyl ander soorte weer 'n skerp geur het.

Aanvanklik was die N. tazzeta die belangrikste kwekersblom, maar vandag vervul die gewone geel affodil (N. pseudonarcissus), die rol. In Suid-Afrika word die affodil begin Maart geplant om in die laat winter en vroeë lente te blom. Hulle het behoorlike humusryke en vrugbare grond nodig. Affodille is uitstekende snyblomme.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF